OPSIE EEN: MODE Eko-rokke wat deur *biomorfiese beelde geïnspireer is OPDRAG
’n Botaniese vereniging naby jou het ’n paar SA-ontwerpers genooi om eko-rokke te skep, geïnspireer deur die fauna en flora wat in Suid-Afrika aangetref word. Hulle het twee faktore in hulle opdrag beklemtoon:
• die finale produk moet couture of ’ n aandrok wees wat heeltemal van herwonne papier gemaak is, en
• al die papiermateriaal moet kreatief gemanipuleer en verwerk wees om ’n sterker en meer duursame materiaal te skep.
STAP1 Bou ’n visuele biblioteek van herwonne aandrokke op en gebruik hierdie voorbeelde as verwysing vir jou eie kostuum. Sluit voorbeelde in van kostuums was spesifiek deur die natuur of biomorfiese vorms geïnspireer is.
STAP2 Skep ’n paar miniatuurtekeninge wat voor- en agteraansigte van die kostuum insluit.
STAP3 Skep ’n meer getailleerde of tonale tekening en toon die werklike kleur van die finale rok.
STAP4 Soek materiale en begin met hierdie materiale eksperimenteer. Skryf jou bevindings van die kwaliteite van hierdie materiale neer. Toon jou eksperimenteringsprosesse en manipulering van hierdie materiale op A4- of A3-papier. Bestudeer ook die voorbeelde wat ons ingesluit het.
STAP5 Wanneer jy met die uitkoms van die gemanipuleerde materiale tevrede is, begin om groot velle van hierdie materiaal te maak. As jou materiaal nie duursaam is nie, kan jy Vilene-materiaal aan die agterkant vasstryk of verdunde gekonsentreerde gom of muurpapiergom daarop verf. Knip die verskillende dele van die patroon uit en werk dit met die hand of ’n naaldwerkmasjien aanmekaar.
* 454 /////
Biomorfies gedefinieer: Die term verwys na enige ontwerp wat deur die natuur geïnspireer is – vorms en patrone waarvan die vorm of voorkoms soos enige lewende organisme lyk Die grootste inspirasie word uit die biologie, anatomie, entomologie, histologie of fauna en flora geneem.