Die gemakskultuur het die ontwerp van hoogs gespesialiseerde goedere aangemoedig. Ontwerpers het tradisionele ontwerp in alles bevraagteken.
Ou tegnieke, soos om hout met stoom te buig en ou glastegnieke, is geherinterpreteer en met nuwe kleur en verskeidenheid besiel. Kyk na die voorbeelde hieronder.
Die 1950 Carlo Mollino, arabesk-tafel.
Die organiese vorms van sommige Surrealistiese skilders het nuwe gestroomlynde meubels geïnspireer
Die gasvrou-trollie
’n Elka-porseleinstel in 1957 deur Jaroslav Ježek ontwerp
Verbruikers is deur ’n groot verskeidenheid werkbesparende toestelle en helder nuwe abstrakte patrone gelok. Daar was massageproduseerde tafelgerei en ’n produk soos die gasvrou-trollie. Die beginsel van “vorm-volg-funksie” het na die 1930s ’n slagspreuk van Modernistiese argitekte geword.
Bakelietfoon 1950s. Bakeliet (handelsnaam Bakelite) was ’n soort harde plastiek wat deur die bedryf beskikbaar geraak het.