Gevestigde idees oor “goeie” tradisionele ontwerp en vasgestelde geslagsrolle is by die Bauhaus uitgedaag. Jongmense van regoor Europa het na Bauhaus gekom om deel van hierdie ontwerprevolusie te wees. Die behoefte om die rol van tegnologie te erken, te eksperimenteer, die rol van tradisionele kultuur te bevraagteken en om saam te werk, vorm die kern van die populêre kultuur gedurende die Bauhaus-tydperk.
Regoor die wêreld het die 1920s en 1930s ’n tydperk in die geskiedenis verteenwoordig toe tradisionele idees uitgedaag is. Populêre kultuur in Amerika het ’n obsessie met ontvlugtingsvermaak ingesluit, ’n fokus op glans in ontwerp, eklektiese stilering, vinnige musiek en die bevraagtekening van tradisionele geslagsrolle. Talle van hierdie konsepte hou ook verband met Europese populêre kultuur. In Duitsland is hierdie konsepte op ’n ietwat ander wyse ondersoek, hoofsaaklik omdat Duitsland na die oorlog sosiaal en finansieel gesukkel het. Die vrye gees van die “era van eksperimentering”, pret en sosiale uitdaging het egter nie gehou nie en in 1939 het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek. Die Duitse volk onder die regering van die Nazi-party en Adolf Hitler het saam met Italië en Japan die stryd gevoer teen die res van die Europa, wat uiteindelik die meeste nasies van die wêreld ingesluit het.
ILLUSIES OOR FAMILIES EN DIE OPSTAND VAN DIE JEUG VAN DIE 1950S
Die Tweede Wêreldoorlog het tot 1945 geduur en het ’n dramatiese impak op die sosiale, politieke en ekonomiese landskap gehad. Europa het die ergste gely: miljoene mense is dood, familielede is oor die kontinent versprei en stede is tydens die oorlog deur bomme verwoes. Duisende mense is ontheem, óf omdat hulle uit hulle tuislande moes vlug, óf omdat hulle met geweld verwyder is. Die Bauhaus het in 1933 gedurende die opbou tot die oorlog sy deure toegemaak en talle onderwysers het na Amerika gevlug. Die effek van die oorlog op Amerika was meer sosiaal en sielkundig – soldate het tuisgekom en dit moeilik gevind om aan te pas. Die wêreld en die samelewing het weer eens ’n werklik aaklige tydperk in die geskiedenis deurleef: een van konsentrasiekampe, doodsmarse dodemarse en gruwelike oorlog. Die nadraai van die oorlog is vir talle dekades deur politieke situasies soos die *koue oorlog gevoel. Soldate het tuisgekom om nuwe verhoudings te bou of oues te hervat, en families sou ’n perfekte lewe hê. Vroue en meisies wat agtergelaat is, het ook gedroom van ’n perfekte gesin wanneer hulle geliefdes terugkeer. Hierdie behoefte aan ’n perfekte wêreld het die atmosfeer en kultuur van die 1950s beïnvloed. Die gesin het die belangrikste aspek van die kultuur in die 1950s geword - ’n gelukkige gesin wat in ’n mooi huis (die konsep van ’n perfekte gesinswoning gesimboliseer deur ’n witgeverfde houtheining) in ’n pragtige voorstad woon.
Nog ’n belangrike aspek was om te fokus op tegnologie en hoe dit gebruik kon word om die lewensgehalte te bevorder.
’n 7 Up-
advertensie wat die perfekte gesin uitbeeld.
*
Advertensie vir ’n Bendix-wasmasjien beklemtoon die fokus op tegnologie in die 50s
Die koue oorlog: ’n Vyandige tydperk van politieke spanning, propaganda, dreigemente, spioenasie en kernbewapening tussen die Weste (Amerika, Europa, ens.) en die Sowjetunie (Rusland) vanaf 1945 tot die laat 1980s. Dit was nie ’n oorlog in die sin dat enige veldslae geveg is nie, dit was eerder ’n botsing van ideale.