StaP2 Jou voorlegging Skryf ’n kort voorlegging wat verduidelik waarom De Stijl en Skandinawiese style
die grootste invloed op jou ontwerpstyl gehad het. Verduidelik ook waarom jy dink dat daardie style die gepasste is vir jou kartonhuis.
StaP3 Jou bloudruk
Skep ’n argitektoniese bloudruk van jou ontwerp. ’n Bloudruk is ’n term wat argitekte gebruik vir die finale tekening wat van ’n 3D-gebou gemaak word voordat dit gebou word. Dit word op skaal gedoen en is tradisioneel met wit lyne op ’n blou agtergrond gedoen, vandaar die term bloudruk, wat ons steeds vandag gebruik.
Daar word van jou verwag om die volgende by jou bloudruk in te sluit: • ’n buite-aansig van die voorkant (op skaal en in perspektief) • ’n buite-aansig van die sykant (op skaal en in perspektief) • ’n binne-aansig (op skaal en in perspektief)
Kyk noukeurig na die volgende voorbeeld van hierdie kartonhuis in Australië. Jy kan ook jou eie voorbeelde soek: