Debatteer in die klas of julle die volgende voorbeelde as kuns of ontwerp sou bemark. Regverdig julle opinie en gee redes.
Die kunstenaar en ontwerper Luise Valdes het talle weggooi- kartonbokse vir sy jongste installasie ‘Casa de Karton’ of kartonhuis versamel. Die projek is ’n lewensgrootte voorstelling van Valdes se woonplek, waarvoor hy karton, kleefband en baie wit verf gebruik het. Al die items in die woonplek is gemaak van ou bokse wat uitgesny is en in die vorm aanmekaargesit is met ’n getekende buitelyn vir kleiner detail. Al die bokse is wit geverf om die ruimte ’n surrealistiese gevoel te gee van ’n tekening wat lewe gekry het!