Kleur Die hout wat hulle gebruik het, was lig van kleur en die steunstrukture is dikwels oopgelaat om dramaties tot die elegansie van die stukke by te dra.
In die Marimekko-produkte is opwindende kleure met eenvoudige en kunstige drukontwerpe gekombineer. Hierdie ontwerpe is op gewone katoenmateriaal gedruk. Baie kolle en strepe is gebruik. Kleure wat in tekstiele gebruik is, was helder en vrolik.
Vorms Biomorfiese vorms is met harder geometriese vorms gekombineer. Hulle het ook nie weggeskram van die nuwer plastiek nie en die ontwerp- en vervaardigingsmoontlikhede is aangegryp. Die meubels se vorms was eenvoudig en dit het skoon lyne en gladde teksture gehad.
Tekstiele het abstrakte of gestileerde vorms met kolletjies en strepe gehad. Lyn
Marimekko het van die begin af ’n lyn van eenvoudige A-lyn-rompe en rokke vervaardig om te demonstreer wat met hierdie helder, nuwe bedrukte stowwe gedoen kon word. Die rokke was lospassend en aseksueel in vergelyking met die styfpassende, uurglas-modes wat toe gewild was.
Meubels het skoon, gladde lyne gehad met organiese, maar ook reguit lyne. Teksture was meestal glad.
Nuwe materiale Materiale wat dikwels gebruik is, het veselglas, hout, rubber, plastiek, viniel en laaghout ingesluit. Skandinawiese ontwerpers het dikwels gebruik gemaak van pershout, geanodiseerde en emalje- aluminium of persstaal.
Verner Panton het die Panton-stoel of stapelstoel in 1960 ontwerp. Hy was ’n innoverende ontwerper en het ’n besondere begeerte gehad om te eksperimenteer en te speel, en as gevolg van hom is met nuwe vorms, nuwe kleure, nuwe materiale en nuwe maniere van ruimtewaarneming geëksperimenteer. Hy het van die tradisie van handgemaakte houtmeubels weggebreek. Panton het ’n vasberade poging aangewend om hom te distansieer van vooropgestelde idees van hoe ’n stoel ontwerp kon word of moes lyk. Hy het homself besig gehou met die potensiaal van nuwe materiale en hoe hulle in nuwe vorms gemaak kon word. Panton was veral geïnteresseerd in die moontlikhede van die nuwe plastiek en hoe dit gebruik kon word om goedkoop produkte te maak.
Charles en Ray Eames, wat deur Europese ontwerpers soos Le Corbusier geïnspireer is, het ontwerpe geskep wat op die bewussyn van die verwantskap tussen funksionalisme en sukses in ontwerpprodukte gegrond was. Hulle is ontwikkel om die samelewing tot voordeel te wees deur waardes te skep en die produksie van ontwerpstukke van hoë gehalte teen ’n lae koste.
Laaghout is dikwels gebruik. Aalto het met verskillende materiale geëksperimenteer en dit het ook gelei tot ’n aantal patente. Hy het in 1932 ’n nuwe vorm van