Kyk na die twee voorbeelde hieronder. Kom ons kyk nou hoe jy met jou eie kontoertekening vaar.
Laat waai! Die oefening self is belangriker as die eindresultaat.
’n Mens se hand het baie interessante vorms, detail en ’n verskeidenheid teksture. Hou jou A4-papier en jou tekeninstrument gereed. Plaas nou jou nie-dominanate hand voor jou en begin jou ondersoek deur te kyk en al die verskillende vorms, lyne, detail en selfs herhalende patrone wat deur teksture en lyne geskep word, waar te neem. Maak seker dat jy jou hand in ’n interessante komposisie voor jou geplaas het en begin teken.
Onthou, ’n kontoertekening is ’n aaneenlopende lyntekening en jy mag nie jou potlood of pen optel nadat jy begin teken het nie. Dit is belangriker om stadig te werk en werklik te kyk na dit wat jy teken as om jou te bekommer oor hoe jou tekening lyk. Probeer dus om nie na jou tekening te kyk nie. Een manier om jou algemene tekenvaardighede te ontwikkel, is om aan te hou om kontoertekeninge te maak. Dit sal jou ook leer om te teken wat jy werklik sien en nie wat jy dink jy sien nie.
STAP2
Kom ons keer die ding op sy kop om! Ja, ons wil hê dat jy nou die tekeninstrument in jou nie-dominante hand plaas. As jy dus regshandig is, gaan jy nou met jou linkerhand teken! Herhaal die proses hierbo en maak ’n kontoertekening van jou dominante hand. Moenie vergeet om jou tekeninge byskrifte te gee wanneer dit voltooi is nie. Dui duidelik aan watter tekening met die dominante hand en watter een met die nie- dominante hand gedoen is.