Die verstaan en versamel van die volgende inligting sal uiteindelik ’n noodsaaklike rol in die sukses van jou finale produk speel. Moet dus nie jou fokus verloor nie!
DOELWITTE Die ontwikkeling van konseptuele vaardighede is baie belangrik as jy ’n goeie ontwerper wil word. In hierdie aktiwiteit gaan jy aanhou om hierdie vaardighede te ontwikkel deur jou persoonlikheid by ’n lettertipe wat jy glo die kwaliteit en eienskappe van jou persoonlikheid sterk weerspieël, te pas.
Jy moet ook later materiaal en ’n konstruksiemetode kies – bly
dus gefokus. Onthou dat al jou keuses in hierdie aktiwiteit, of jy nou ’n kleur, tekstuur of materiaal uitkies, die kenmerke van jou persoonlikheid moet beklemtoon.
STAP1
Met so ’n uitdagende projek is dit altyd gerusstellend om te begin met iets wat jy reeds weet. Dus, eerste dinge eerste! Kom ons ondersoek iets oor JOU.
Skryf die volgende inligting in jou werkboek neer. • ’n Kort beskrywing van jouself • Ander mense se sienings oor jou persoonlikheid (byvoorbeeld jou ouers, klasmaats)
• Lys ’n paar beskrywende selfstandige naamwoorde wat jy glo die eienskappe van jou persoonlikheid/karakter beskryf (byvoorbeeld skaam of spontaan; funky; sosiaal of eenkant; vrolik of stil; ’n leier of ’n navolger; fors; donker; aktief; sportief; ens.)
• Kies een van die woorde wat jy gelys het as ’n karaktereienskap, en gaan soek ’n lettertipe wat jy glo die energie en styl van hierdie woord verteenwoordig. Jy sal byvoorbeeld nie ’n baie krullerige lettertipe uitsoek om ’n karaktereienskap soos aktief, fors of funky voor te stel nie.
“Vir die meeste grafiese ontwerpers is tipografie ’n wiskundige wetenskap en vir die meeste kunstenaars is dit ’n skrikwekkende en
angswekkende taak! 3-D is sekerlik vir albei ’n skrikwekkende oomblik...” WILNACOETZER(VISUELE KUNSTENAAR EN ONDERWYSER)