Jy is in graad 10 aan die ongelooflike geanimeerde wêreld van “the ink monsters” deur Stefan Bucher bekendgestel. Jy gaan nou bekendgestel word aan die ewe ongelooflike surrealistiese wêreld van kunstenaars soos Ben Heine en Julian Beever. Alhoewel hulle benadering, styl en medium nie eenders is nie, gebruik hulle albei “optiese illusies” om ’n “werklikheid” te skep wat jou verstom laat staan!
Die potlood versus die kamera – ’n stryd tussen die werklikheid en die onwerklikheid
Jy moet vir hierdie tekenprojek jou verbeelding gebruik en ’n fantasie of onwerklike strokiesprentwêreld vol “optiese illusies” skep. Jy moet kies tussen die tekenstyl van óf Ben Heine, óf Julian Beever en hulle spesifieke benadering, styl en medium gebruik. Dit is ook belangrik om straat- en sypaadjietonele te kies wat duidelik ’n sterk gebruik van lineêre perspektief toon.