• Dit toon hulle liefde vir die buitelewe met die honde wat in ’n park rondhardloop. • Die vorms wat gebruik is, is plat met geen tonale waardes om die illusie van vorm te skep nie. • Die hardlopende honde toon ook hulle liefde vir spoed en ’n sorgelose leefstyl. • Daar is geen aanduiding van ruimte nie, aangesien alles plat en tweedimensioneel is. • Tekstuur regdeur hierdie ontwerp is glad. • Diagonale lyne is gevorm deur die posisie van die honde en die geboë lyne kan in die negatiewe ruimtes tussen die wolke gesien word.
PRODUKONTWERP Art Deco silwer teestel met ivoorhandvatsels. Ontwerper, Edward Vines
Hierdie deftige sterlingsilwer vierstuk-teestel het Art Deco geometriese stilering en ivoorversierings en -handvatsels. Die koffiebeker is van Sheffield (1947)
Hierdie stel het tipiese hoekige vlakke wat in Art Deco-breekware aangetref is. Redelike groot hoekige handvatsels balanseer die stuk. In hierdie stel word die gebruik van edelmetale en duur ivoor tipies van hierdie periode, uitgebeeld.
Die teestel het ’n glansende en gladde voorkoms.
Die tekstuur is glad. Dit lyk of die masjiengemaak is en weerspieël die Art Deco-obsessie met die masjien-era en modernisme.
Clarice Cliff Fantastiese koniese teestel, 1929
Hierdie teestel toon ’n tipiese abstrakte geometriese patroon in geel, oranje, blou en swart met swart buitelyne. Die oranje en blou is komplementêre kleure
Die handvatsels is ’n soliede driehoekige vorm wat in die tuit van die teepot herhaal word. Die tekstuur is glad. Slegs hoekige vorms en sirkels is in die ontwerp gebruik.
Die agtergrond is wit en kontrasteer met die sterk kleure wat gebruik is.
“Morning Tea set” ontwerp deur Clarice Cliff, 1929
OMGEWINGSONTWERP Dit is die Chrysler-gebou in New York wat deur William van Aalen ontwerp is.
Dit was met sy 304 meter die wêreld se hoogste gebou vir amper ’n jaar voordat dit in 1931 deur die Empire State-gebou verbygesteek is. Die Chrysler-gebou is ook vir sy terrasvormige bopunt bekend en beroemd. Die gebou bestaan uit sewe terrasvormige boë wat na buite uitloop.
Die gebou het ’n vlekvrye staaltoring met oorvleuelende projeksies met skerp, puntige vensters.
Die Chrysler-gebou in New York, ontwerp deur William van Aalen
190 ///// ’n Silwer Art Deco teestel ontwerp deur Edward Vines