In Suid-Afrika hou programme soos Idols kykers vir weke op hulle stoele vasgenael. ’n Interessante ontwikkeling in populêre kultuur is die toename van gehoordeelname. Realiteitsreekse soos Idols, Big Brother South Africa, You think you can dance, Master chef en ’n aantal Amerikaanse en Europese TV- programme verbind die uitkoms van die kragmeting met stemme van die gehoor. Dit is ’n ongelooflike bemarkingstrategie, aangesien die program vir ’n mens die geleentheid gee om betrokke te raak en jy dit dus waarskynliker sal kyk en dit so gewilder word. Benewens die “talent-gebaseerde” realiteitsprogramme soos Idols is daar ’n paar ander realiteitsprogramme wat aan die donkerder sy van die menslike natuur raak. Kosmetiese chirurgie, misdaadvoorstellings en mediese prosedures word in besonderhede vertoon, soos in die Amerikaanse realiteitsprogram Bridalplasty waar vroue aan uitdagings met ’n bruidstema deelneem om verskillende kosmetiese prosedures te wen. Of dit nou vreemd, snaaks of dramaties is, realiteitsprogramme op TV is ’n kernelement in vandag se populêre kultuur. Gedurende die 90s het gewilde TV-programme op sosiale interaksie gefokus. Programme soos Friends, Seinfeld en Melrose Place het almal aan die kykers die geleentheid gegee om in die lewens en verhoudings van die karakters te deel.
Die geselskap van Friends, ’n gewilde TV-program in die 1990s en 2000s.
Alhoewel die programme kon verander het, het die TV steeds die mag om die populêre kultuur te bepaal. Gedurende die afgelope twee dekades het die tegnologie deur die internet en verbeterde digitale toestelle homself as sleutelspeler in die ontwikkeling van populêre kultuur gevestig.
In die populêre kultuur van die 1980s en 1990s sluit van die indrukwekkendste en suksesvolste digitale toestelle die draagbare CD-speler (in die middel van die 1980s bekend gestel) en die Tamagotchi in.’n Tamagotchi is ’n virtuele troeteldier in ’n eiervormige, draagbare apparaat wat jy moet kosgee, mee speel en aansê om te slaap. Glo dit as jy wil, die Tamagotchi het meer as 40 miljoen eenhede verkoop nadat dit vrygestel is. Digitale ontwikkeling in die 2000s is meer dramaties en meer gereeld. Met die vrystelling van die eerste generasie van die iPod in 2001, het Apple daarin geslaag om ’n musiektoestel te skep wat drabare luistergenot werklik moontlik gemaak het. Die draagbare kassetspeler soos die Sony Walkman en die draagbare CD-speler uit die 1980s en 1990s het ’n kasset of CD nodig om te werk.
388 /////
Die Tamagotchi, oorspronklik in 1997 bekendgestel, het in die laat 1990s ’n internasionale sensasie geword wat meer as 40 miljoen eenhede verkoop het. Die toestel boots ’n troeteldier na – jy moet dit kosgee, laat rus, ens.