Onthou om weer na jou graad 10-boek bladsy 296 – 298 te kyk sodat jy vinnig weer oor William Morris se lewe en werk kan lees.
Wat wou hierdie beweging bereik?
• Die Kuns- en Handwerkbeweging het die belangstelling in handwerk laat herleef en ’n spirituele verband gesoek met die omliggende natuurlike en mensgemaakte omgewing.
• Hulle idees van goeie ontwerp was aan hulle idees van ’n goeie samelewing gekoppel.
• Hulle het in huishoudelike kunste “aan materiaal getrou gebly” (hulle het materiale eenvoudig gehou).
• Daar was ’n eerlikheid van vorm en integriteit van versiering in hulle werk. • Hulle het weer begin om drukblokke en borduurwerk te gebruik. • Argitektuur moes rasioneel wees en materiaal plaaslik verkrygbaar en beskikbaar. • Plante, diere en voëls, veral vir die gebruik van muurpapier en tekstiele, is as onderwerp gebruik.
• Versiering is slegs gebruik om ’n ontwerp uit te bou en nooit slegs ter wille van versiering alleen nie.
• Heraldiese detail en Gotiese spitsboë is ook ingesluit. • Hulle het gietyster as die standaardkomponente in geboue gebruik, asook glas en staal. • Hulle het uiteenlopende elemente soos torinkies, spitsboë en Georgiaanse vensters gebruik.
• Hulle het gehoop dat die gehalte van goedere verbeter sou word en ook gehoop om die werkstoestande van die mens deur ’n soort handwerkbedryf te verbeter.
• Hulle het probeer om opgeleide vakmanne en ambagsmanne te gebruik om werk van hoë gehalte vir die huis te produseer.
• Hulle het handvervaardigde ontwerpe soos juwele, meubels, metaalwerk, tekstielware en muurpapier geproduseer.
• Hulle het probeer om die skoonheid van die Middeleeuse handwerk te laat herleef.
• Hulle wou ook ’n styl skep wat romanties is en wat die ou ideale van vakmanskap met kunstige fatsoen, vorm en kleur weerspieël.
• Hulle het figure uit Middeleeuse bronne in gebrandskilderde glasvensters, meubelpanele en boekillustrasies uitgebeeld.
? 142 /////
HETJYGEWEETDaar is tans ’n herlewing van tradisionele handwerktegnieke wat veral in produkte vir binnenshuise versiering gebruik word. Brei- en hekeltegnieke word gebruik om porseleinware, ligte, kussingoortreksels ens. te skep.