Isabelle de Borchgrave het hierdie couture-kostuum geheel en al van papier gemaak. Kyk na die kreatiewe manipulering van papier wat in die hare en die agterkant van die bostuk gebruik is. Selfs die “pêrelhalssnoer” is van papier gemaak. Die kostuum is gemaak uit gedrukte papier met ’n blommotief.