Oskar Schlemmer was verantwoordelik vir die ontwerp van die kostuums wat in die prente hieronder gesien kan word. Die meeste van hierdie kostuums is in balletuitvoerings by die Bauhaus-ouditorium gebruik.
Balletkostuums deur Oskar Schlemmer
Kostuums vir die “Triadischen Ballett” 1922
Danskostuums deur Oskar Schlemmer PRODUKONTWERP Marianne Brandt. Teepot 1924
Hierdie teepot is ’n tipiese voorbeeld van Bauhaus-funksionaliteit. Dit het skoon en eenvoudige lyne sonder enige versiering en is dus ’n voorstelling van ’n suiwer vorm.
Die teepot bevat hoofsaaklik ’n kombinasie van halfsirkels wat in die onderkant en bodeel herhaal word, soos gesien kan word in die basis en die handvatsel en die deksel.
Kontras in kleur en materiaal word beklemtoon deur die gebruik van die silwer kleur van die metaal en die donker eboniethandvatsel en deksel.
In hierdie voorbeeld bepaal die funksie beslis die vorm terwyl die uitgesoekte materiale vir hulle eie eienskappe gebruik word en onopgesmuk gelaat word. Hierdie produk vertoon duidelik die filosofieë van “vorm-volg-funksie” en “getrouheid aan materiale”. Die pot is asimmetries gebalanseer met die handvatsel strategies weg van die middel geplaas terwyl dit terselfdertyd met die delikate vorm van die tuit balanseer.