Ruimte Hulle het ’n plat perspektief soos dié in Japannese afdrukke gebruik. Ontwerpers het eerder op die detail van die ontwerp as op die ruimte gekonsentreer.
In albei die voorbeelde regs kan die gebrek aan die toeken van ruimte in die plat kleuroppervlaktes gesien word. Die kleure is aangewend met min of geen skakering nie op ’n plat agtergrondkleur, en op hierdie manier is min of geen ruimtelike diepte geskep nie.
“Champenois Imprimeur-Éditeur”, ’n litodruk deur Mucha in 1897 gedoen, en ’n advertensie vir ’n boekomslag, links.
“Charbook” plakkaat deur ’n onbekende ontwerper
Balans ’n Boekomslag deur Arthur Mackmurdo vir “Wren’s City Churches” (1883) word dikwels as die eerste voorbeeld van Art Nouveau aangehaal. Hierdie voorbeeld is ’n asimmetriese rangskikking van fatsoene en patrone. Die vorms simboliseer reinheid, skoonheid en vryheid