“Die Loeries as die toonaangewendste toekenning in ons streek het baie meer geword as ’n enkele toekenningseremonie en sluit nou verskeie aktiwiteite in wat regdeur die jaar kreatiewe uitnemendheid bevorder, soos die Reisuitstalling, die Migrate-tydskrif, seminare en die hardeband jaarlikse tydskrif en DVD wat die toppunt is van die belangrikste mense in daardie jaar se voorste handelsmerke en agentskappe.”
“
Het jy al ooit gewonder wie verantwoordelik was vir die vervaardiging van ’n paar van jou gunstelingreklameflitse? Die Loerie-toekennings is ’n eenstopwinkel waar jy elke jaar se weninskrywings in hulle webwerf se argief kan kry. Saam met elke weninskrywing is die verskillende rolspelers en die kliënt of handelsmerk vir wie dit gemaak is, gelys. Dit is ’n opwindende manier om uit te vind watter maatskappye in Suid-Afrika uitstekende werk lewer en watter spesifieke mense verantwoordelik was! Wanneer jy al die inligting het wat jy verlang, kies een of meer agentskappe en skryf ’n opstel oor die werk wat hulle doen. Verduidelik jou bevindings en motiveer of dit dalk die loopbaan vir jou kan wees of nie. Dink ook of daar enige spesifieke rol binne die bedryf is wat jy meen goed by jou sal pas. Skryf jou gedagtes neer en voltooi jou gevolgtrekkings.
Opsionele ekstra! ’n Baie interessante manier om hierdie oefening na ’n hoër vlak te neem, is om ’n groepbespreking in die klas te hou oor die verskillende rolle binne die maatskappye wat ons tot dusver bespreek het. Probeer dan om klasmaats te identifiseer wat jy dink in elke rol sal pas. Gebruik jou navorsing en maak gebruik van die lys eienskappe en persoonlikheidseienskappe van elke rolspeler. Dit is altyd interessant hoe ander mense jou waarneem, veral wanneer jou maats ’n spesiale eienskap in jou oplet waarvan jy nie eers bewus was nie. Dis opwindend! Geniet dit!
Na al die opwinding, gee jou navorsing en bevindings vir jou onderwyser in.
DEEL 3
JOU CURRICULUM VITAE Aan die einde van jou skoolloopbaan neem jy dalk die groot besluit om een van die volgende geslag ontwerpers wat baie graag die bedryf wil dien, te word. Die meeste aansoekvorms vir tersiêre studie kan van die internet afgelaai word, of is beskikbaar as jy daardie spesifieke departement vra. Jy kan ook besluit om vir die departement te skryf en te vra dat die aansoekvorm na jou huis- of skooladres gepos word. Die aansoekvorm is ’n formele dokument en vereis spesifieke inligting oor jou soos jou skool- en akademiese prestasies. Dit is ’n algemene proses wat almal moet deurgaan. Hulle kan ook vra dat jy ’n CV of Curriculum Vitae met jou aansoek saamstuur.