OMGEWINGSONTWERP Onderwysershuis, Dessau, Marcel Breuer, c. 1926
Bauhaus-geboue is gewoonlik kubies en gee voorkeur aan regte hoeke (alhoewel sommige geronde hoeke en balkonne het)
Die geboue het gladde fasades en ’n oop vloerplan.
Bauhaus vermy ornamentering en verkies funksionaliteit.
Die ontwerpers gebruik asimmetrie en reëlmaat in plaas van simmetrie.
Bauhaus-argitektuur het na die maatskaplike aspekte van ontwerp met die skepping van ’n nuwe vorm van behuising vir werkers gekyk. Dit verstaan argitektuur in terme van ruimte teenoor massa.
“Masterhouse” in Dessau ontwerp deur Marcel Breuer
AKTIWITEIT 4 Doen die volgende in jou werkboek: Stel ’n kleurpalet vir die Bauhaus-beweging saam.
Jy kan jou eie kleurblokke maak deur toepaslike kleure uit tydskrifte te knip, of jy kan kleurblokke kry by enige hardewarewinkel wat Plascon- en Dulux-verf verkoop soos by winkels soos Game. Jy kan ook ink of enige ander materiaal gebruik wat jy beskikbaar het. Dit kan waardevolle hulpbronne wees wanneer jy praktiese projekte doen wat deur die Bauhaus geïnspireer is.
?
HETJYGEWEETDie Tweede Wêreldoorlog was ’n wêreldwye konflik wat van 1939 tot 1945 geduur het. Na die Tweede Wêreldoorlog het die styl verbreed tot wat vandag bekend is as die internasionale of moderne styl. Die suiwer vorm en eerlike gebruik van materiaal het na die Tweede Wêreldoorlog voortgegaan om argitektuur en binnenshuise ontwerp te bepaal. Sommige ontwerpers het egter begin om die breër strukturele ontwerppotensiaal van industriële materiale te ondersoek en het met die streng reghoekig-lineêre vorms van die vooroorlogse era gebreek.