Konseptuele vaardighede: die vaardigheid om ’n oorspronklike idee of plan te bedink; ’n gevorderde manier van denke ten opsigte van analisering, observasie en die interpretasie van voorwerpe, mense en situasies Konteks: verduidelik die wat, hoe, waar en hoekom van ’n ontwerp; die ware spasie of plek waarin iets geplaas is Kontemporêr: behoort aan die huidige tyd; modern; op datum; nie in die verlede of in die toekoms nie Kontoerlyne: ’n lyn wat ’n objek omlyn; hoeke of kante van vorms Kontras (verskeidenheid): plasing van teenoorgestelde kwaliteite van lyne, kleure, teksture of vorms wat saam ’n kontras of verskeidenheid skep, soos byvoorbeeld die hoë kontras en verskille tussen baie ligte en baie donker areas in ’n beeld of prent Kontrasterend: teenoorgesteldes wat saamgevoeg word; kan verskillende vorms, lyne, teksture, kleure wees asook voorwerpe wat verskillende eienskappe het Kontrole: nie spontaan; noukeurig beplan en uitgevoer; om totale beheer oor die uitkoms/resultaat te hê Korporatiewe ID of identiteit: die unieke, herkenbare beeld/handelsmerk/simbole van die besigheid/ maatskappy;
Kostuumontwerp: die ontwerp van kostuums vir vermaaklikheid soos ’n teaterproduksie; ’n kostuum kan ook ’n spesifieke styl of era uitbeeld (periode -kostuums); ontwerp van kostuums vir gebruik in ’n film of advertensie Koue kleure: kleure soos variasies van blou en groen Kralewerk: krale wat op ’n 2D-of 3D-oppervlak aangebring word; kralewerk verleen versiering aan die oppervlak; vervaardiging en praktyk van kralewerk Kreatiewe denke: ’n gevorderde manier van dink; moenie net aan die vanselfsprekende dink nie; neem ’n verskeidendheid van maniere en standpunte in ag om die probleem op te los Kreatiewe industrieë: verwys na al die kreatiewe sektore wat in visuele kommunikasie, produkontwerp, oppervlakontwerp en omgewingsontwerp ingesluit word Kreatiewe proses: die fases van kreatiewe ontwerp, soos byvoorbeeld navorsing, eksperimentering, prototipe en nadenke
Kreatiewe snellers: iets wat die kreatiewe proses inspireer of aanmoedig Kristallografiese balans: wanneer ’n balans gelyk oor ’n komposisie of oppervlak versprei word; skep ’n visuele gewig of fokus wat deurlopend dieselfde bly ongeag waar jy kyk
L
Lae kleur saturasie: kleure sonder intensiteit; dowwe kleure; baie min van die oorspronklike pigment of kleur wat oorbly Lae reliëf: ’n 3D-vorm wat effens uitgelug word op ’n plat agtergrond. Landskapontwerp: om die landskap van ’n stuk land te ontwerp; kan die uitleg en ontwerp van tuine insluit; die insluiting van ander ontwerpersvoorwerpe soos watervalle en buitelugmeubels, die “buitenhuise”/eksterieure ontwerp en versier van spasies Leefwyses: lewenstyl/die manier waarop jy leef; wat weerspieël word in jou keuse van klere, musiek en ander vorme van vermaak, vervoer, omgewing en meer Leemte: leë spasie; sien ook negatiewe spasie Letterlike interpretasie: wanneer jy iets direk interpreteer; die manier waarop iets deur almal ervaar word; nie ’n abstrakte interpretasie nie Lewenstandaarde: word grotendeels deur jou inkomste bepaal wat bepaal watter leefstyl jy kan bekostig al dan nie; die produkte wat jy koop om jou alledaagse behoeftes te bevredig en om jou lewenstandaard te handhaaf Liniêre perspektief: die gebruik van lyntekeninge om die 3D-eienskappe van ’n voorwerp, gebou en spasies op ’n 2D-oppervlak weer te gee Logo: ’n eenvoudige beeld wat die identiteit van ’n besigheid, produk of maatskappy weerspieël Lyn: element wat verstaan word in terme van lengte en rigting
M
Maak van merke: spontane merke wat op ’n oppervlak aangebring word deur gebruik te maak van enige tekenmateriale; dui niks konkreets aan nie; ’n verskeidenheid tekenmateriale sal verskillende teksture, visuele en liniêre voorkomste bewerkstellig