Kan jy steeds die rol van ’n ikoon omskryf en ’n aantal ikone onthou wat ons in graad 10 behandel het?
1930s Doris Day se papierpophuldeblyk Glo dit as jy wil, maar die 1930s en 1940s was ’n goue tydperk vir papierpoppe. Dit was goedkoop en het dikwels saam met modetydskrifte gekom en het baie gehelp dat meisies hulle klere kon beplan sodat dit die styl van hulle gunsteling-Hollywood- ster kon weerspieël.
Doris Day, een van die gewildste sterre van daardie tyd, het miljoene plate en liedjies soos “It’s Magic!” en “Secret Love” verkoop. Haar lang filmloopbaan het met onbeduidende musiekspele soos “Lullaby of Broadway” begin en aanbeweeg na sensule komedies soos “Pillow Talk”.
Die Paper Doll Book wat deur die ster self onderskryf is, was net nog ’n dimensie van haar sukses en rol as mode-ikoon. Sy was ’n ster wie se voorkoms deur miljoene vroue oral nageboots is. Daar is spesiaal agt bladsye klere ontwerp wat tydlose sjiek Doris Day-stukke vertoon het.
Hieronder is nog bladsye uit die Paper Doll Book wat van die klere vertoon wat Doris Day tussen 1930 en 1950 gedra het. Dit kan ook vir jou lyk of dit ’n boek sonder enige betekenis is, maar dit is steeds ’n baie waardevolle hulpbron om oor die style en tendense van die 1930s en 1940s te leer.
Papierpoppe van Doris Day
Nog voorbeelde van Doris Day uit “The Paper Doll Book” ///// 257