Wanneer mense idees, konsepte of emosies aan iets verbind, kan ’n simbool veel meer word as slegs ’n prent As jy dink aan universele simbole in die huidige wêreld, stel talle komplekse idees en assosiasies voor: ’n rooi hart beteken liefde, ’n kruis word dikwels met die Christendom verbind en die halfmaan met Islam. Mense het die vermoë om idees, emosies en oortuigings na simbole en prente oor te dra. Die vermoë om hierdie simbole en beelde te manipuleer, speel ook ’n rol in propaganda, en visuele media, soos plakkate, word magsvoorstellings van hoop, vrese, houdings, ens.
Oorloë, revolusies en propaganda
Oorlog funksioneer egter op die verdeling van mense, die daarstelling van ’n “ons” en ’n “hulle”. Die “hulle” word nie in ’n neutrale, rasionele lig gestel nie, maar eerder op so ’n wyse dat jy nie van “hulle” hou nie of hulle selfs haat, met die uitsluitlike doel om jou te kry om die idee te ondersteun om teen “hulle” oorlog te maak. Oorlogboodskappe word noukeurig opgestel en is baie strategies. Dit is belangrik om die gedagtes en emosies van die publiek te lei om steun te verseker. In die huidige wêreld word die beheer van oorlogsbeelde en -boodskappe minder moontlik as gevolg van die internet en die gebruik en blootstelling aan tegnologie. Dit is vandag moeilik om ’n gehoor te manipuleer, aangesien onsself kan sien wat gebeur en nie op boodskappe van ’n eksterne bron hoef staat te maak nie.
Die geskiedenis van die Swastika-simbool
Die Tweede Wêreldoorlog het in 1949 tot ’n einde gekom. Dit was ’n wêreldwye konflik wat miljoene aan geld en lewens gekos het. Een van die mees ikoniese simbole uit dié oorlog is die Swastika, wat deur die Duitse magte en meer spesifiek deur die Nazi-party gebruik is. Die Nazi-party het die simbool in 1920 begin gebruik, maar die geskiedenis van die simbool strek duisende jare terug.
Die woord “swastika” verwys basies na ’n kruisvormige simbool met arms wat reghoekig (90 grade) gebuig is. Die naam het sy oorsprong in antieke Sanskrit en word aan die idee van “geluk en welsyn” gekoppel. Die simbool is dikwels op voorwerpe of figure geplaas om voordeel te trek uit die simbool se gelukkige assosiasie.
Op hierdie Romeinse lamp wat uit ongeveer die 3de eeu kom, is die swastika in die klei uitgekerf voor dit gebak is. Die simbool het voorspoed voorgestel.