Laastens, ’n prettige voorbeeld wat al die verskillende aspekte kombineer wat ons tot dusver bespreek het. Daar is so baie potensiaal vir die gebruik van ’n letter wat soveel meer inhou as om dit slegs vir die betekenis van woorde te gebruik. Kyk hoe die ontwerper van hierdie plakkaat haar idee oordra deur ’n kombinasie van die werklike betekenis van die woorde te gebruik en dit oor te dra in ’n tegniek wat die idee steun. As ontluikende ontwerpers kan julle gerus aandag gee aan die oproep in die boodskap van hierdie ontwerper.
Kan jy die boodskap op die plakkaat hieronder lees?
Verspreiding van Digitale lettertipes in die stedelike omgewing