1800s Een van die belangrikste ontwerpelelemte in populêre kultuur gedurende die Art Nouveau- tydperk is die uitbeelding van vroue as wesens van skoonheid in inspirasie. In die 1800s was advertensies en ontwerpe wat vroue uitgebeeld het baie konserwatief en beperkend, maar gedurende die Art Nouveau-tydperk is vroue as sensuele wesens voorgestel – vry en redelik misterieus. Een van die beroemdste grafiese ontwerpers gedurende hierdie tydperk was Alphonse Mucha, ’n Tjeggiese ontwerper wat in Frankryk gewerk het. Mucha het afdrukke, plakkate, skilderye, advertensies, illustrasies asook teaterstukke en verskillende produkontwerpe geproduseer. Vroue word in sy werk met vloeiende klere en lang golwende hare uitgebeeld. Art Nouveau-plakkate stel ’n nuwe styl vir ’n nuwe wêreld voor, alhoewel die begin van die Eerste Wêreldoorlog alles verander het.
Mucha se advertensie- ontwerp vir Moët & Chandon se sjampanje-reklame
’n Mucha-plakkaat vir Sarah Bernhardt wat hom gekontrakteer het om die grafiese media, stelle en kostuums vir al haar optredes te produseer.
DIE LIGHARTIGE GEES VAN DIE JARE TWINTIG (ROARING TWENTIES)
Die Groot Oorlog, soos die Eerste Wêreldoorlog soms bekend staan, was veronderstel om die “oorlog wat alle oorloë beëindig” te wees. Hierdie stelling het ongelukkig geen water gehou nie. Die Eerste Wêreldoorlog het in 1914 begin en is in 1919 met die Verdrag van Versailles amptelik beëindig (die gevegte het in 1918 opgehou). Die wêreld het verander: nuwe lande is gevorm, mense is ontheem, soldate moes na ’n normale lewe terugkeer nadat hulle gesien het hoe familie en vriende op die slagveld dood is, vroue moes hulle oorlogtydse werk los en weer huisvrouens word, en ekonomieë is lamgelê. Na die oorlog het populêre kultuur nie die rebelse kwaliteit gehad wat die vooroorlogse Art Nouveau gehad het nie; dit was eerder ’n soort *ontvlugting wat die popkultuur in die 1920s aangedryf het. Jazz-klubs regoor Europa, Amerika en ander lande was vol mense wat deur die nag gedans het en bygedra het daartoe dat hierdie dekade die “roaring twenties” genoem is. Mense wou vermaak word. Hollywood-flieks het aan individue die geleentheid gegee om hulle in die stories op die groot skerm in te leef en dit het belangrike en populêre vermaakmedia in die 1920s en 1930s geword. Epiese flieks soos Gone with the Wind en fantasieverhale en wetenskapfiksie het aan kykers ’n geleentheid gegee om te ontsnap, selfs al was dit net vir ’n paar uur.
Promosiemateriaal vir Gone with the Wind * 396 /////
Ontvlugting: Dit verwys na ’n wegvlug van probleme of onaangename situasies. Ontvlugting word dikwels in vermaak gevind.