In teenstelling met die donker, rou kwaliteit van Duitse plakkate is die slim en kleurvolle plakkate van Brittanje. Talle Britse plakkate het die gehoor gemanipuleer om as gevolg van skuldgevoelens of ’n sin van verantwoordelikheid met die inhoud saam te stem. In die Britse plakkaat van 1915, “Pa, wat het JY in die Oorlog gedoen” sit twee kinders by hulle pa en vra hom uit oor sy rol in die oorlog. Die konsep agter hierdie plakkaat hou verband met die tradisionele Britse man se gevoel van eer, aangesien geen man sy kinders in die oë sou kon kyk as hy nie sy deel gedoen het nie.
Britse plakkate uit die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog het emosionele frases en slagspreuke gebruik soos “Pa, wat het JY in die Oorlog gedoen” om steun vir en aansluiting by die Britse gewapende magte aan te moedig.
’n Voorbeeld van ’n Britse oorlogsplakkaat wat aansluiting aanmoedig deur die stemmingsvolle slagspreuk “Vroue van Brittanje sê Gaan!”
In vergelyking Wanneer die Duitse en Britse plakkate vergelyk word, is hulle visueel baie verskillend, maar die boodskap
en die konteks is identies: al die plakkate het ten doel om die kyker van ’n waarheid te oortuig of om reaksie van die kyker uit te lok. Die feit is dat hoe groter die reaksie op die plakkaat was, hoe groter was die kans dat die kyker sou optree. Plakkate wat mense tot aksie oproep, is ’n standaarddeel van oorlogtydse reklame en propaganda. Dieselfde resep is vir die plakkate tydens revolusionêre tye gebruik.