’n Mediumdikte papier en ’n origami- of papiervoutegniek is hier gebruik. Die eindresultaat was ’n 3D-bloklettertipe met ’n lineêre patroon.
’N BOUTEGNIEK VAN KARTON Vir dié van julle wat ’n meer soliede en duursame prototipe nodig het, probeer hierdie hoogs doeltreffende kartontegniek!
Plak 4–6 (of meer) lae karton op mekaar. Jy kan kartonvelle of gewone bokse hiervoor gebruik.
Goeie raad: Vra vir ’n donasie van Mondi-papier of Nampak of enige ander firma wat kartonvelle vervaardig of versamel jou eie bokse.
Gebruik verdunde houtgom (’n 50:50-balans van water en gom) en onthou asseblief om genoeg gewig bo-op die lae karton te sit en dit oornag so te los. Wanneer die lae stewig aan mekaar vassit, gebruik ’n 1 m-liniaal en teken die letters op die voorbereide karton. Die grootte van jou letters sal bepaal word deur die grootte van die karton wat jy gebruik. Maak dit so groot as wat jy kan!
Werk asseblief netjies en akkuraat met jou afmetings.