visuele kommunikasie. Hy is in 2007 vir ’n tweede termyn verkies en in 2009 vir ’n derde termyn. In 2009 is David aangestel as hoëvlak-raadgewer vir die Verenigde Nasies. David is daartoe verbind om grafiese ontwerp se potensiaal te benut om die menslike toestand en die wêreldomgewing te help verbeter. Hy praat op internasionale en plaaslike konferensies en skryf oor die belangrike rol wat grafiese ontwerpers kan speel om die maatskaplike toestande regoor die wêreld te verbeter, asook hul rol om te verhoed dat organisasies hulle gehore mislei en vals behoeftes skep. (Geneem uit http://www.davidberman.com/about/index.php)
David Berman het in 2009 ’n boek geskryf wat sy idees oor die rol van ontwerpers in die huidige samelewing uiteensit. Die boek se naam is: Do good Design.
Die streep deur die woord in die titel beteken eenvoudig dat dit nie genoeg is om goed te ontwerp nie, maar dat jy ’n verskil moet maak met jou ontwerpe, met ander woorde, doen ook goed met jou ontwerp. Die kerngedagtes wat hy in sy boek uiteensit, is soos volg:
• Ontwerpers het baie meer mag as wat hulle besef: hulle kreatiwiteit hou die doeltreffendste (en ook destruktiefste) misleidings in die mens se geskiedenis aan die gang.
• Die grootste bedreiging vir die mens se toekoms kan dalk net wees die verbruik van meer as wat nodig is. Ons is vasgevang in ’n onstabiele waansin wat aangevuur word deur vinnige vooruitgang in moderniteit, psigologie, spoed en die bereiking van visuele leuens wat ons wil oortuig dat ons meer goed “nodig het” as wat werklik die geval is.
• Die menslike beskawing, wat neig na ’n wêreldbeskawing (globalisering), kan nie bekostig om selfs net nog een groot wêreldwye fout te maak nie.
• Dieselfde ontwerp wat massiewe oorverbruik aanmoedig, besit ook die mag om die wêreld te herstel.
• Ons leef in ’n ongekende tegnologiese era waar ons ’n groter nalatenskap kan hê deur ons beste idees te gebruik.
• Ontwerpers kan ’n model wees vir ander professionele persone om jou invloedsfeer te identifiseer en die verantwoordelikheid te aanvaar wat met die mag saamgaan om te help om die wêreld te herstel.
• Moet dus nie slegs iets goeds ontwerp nie, doen ook goed. (Geparafraseer en vertaal: Do good Design)
VICTOR PAPANEK
Julle het reeds vroeër met Victor Papanek kennis gemaak. Ons ervaar vandag steeds die probleme wat hy meer as 20 jaar voor jy gebore is, geïdentifiseer het, én in ’n erger mate.
VICTORPAPANEK HET ONDER ANDERE GESKRYF DAT “ontwerp die belangrikste gereedskap geword het waarmee die mens sy omgewing skep, en daarmee ook die gemeenskap en homself. “