STAP4 Maak die steunstruktuur en heg die proscenium daaraan vas:
Volg al die stappe in die tekeninge hieronder sodat jy seker kan wees dat jy ’n stewige papierteater skep, maar onthou ook om jou eie spesifikasies aan te pas.
Figuur 1 Skep ’n gevoude struktuur soortgelyk aan hierdie figuur. As jy nog sypanele nodig het, voeg net nog by. Wanneer dit op hulle plek is, kan die bokant langs die middellyn gevou word om ’n sterker struktuur te maak.
Figuur 2 Om die voorkant van jou voorverhoog of proscenium vas te heg, moet jy die kante invou om ’n 3D-effek te kry. Kyk na die groen lyne in hierdie figuur. Volg dieselfde instruksies vir die linker- sowel as die regterkant, asook langs hierdie lyne af soos aangedui.
Figuur 3 Nou moet jy al langs die rooi en blou lyne sny. Kyk na die figuur aan die regterkant.
! 246 /////
Om te kerf, beteken dat jy NIE deur die oppervlak sny nie – jy sny halfpad in die oppervlak in sodat die vouproses makliker en meer presies kan wees. Onthou dat jy altyd die kant moet sny wat na onder moet vou. Jy kan nie sny en dan na die gesnyde kant vou nie, jy moet wegvou van die rigting wat jy gesny het. Dis ’n goeie idee om voor die tyd te eksperimenteer!
Die rooi lyne moet aan die gedrukte kant gesny word.