Animal Farm se “Lite” is ontwerp en geproduseer in samewerking met Doug Banfield
Weavers Nest deur Animal Farm (bo en links)
Dit is ’n lampskerm wat soos ’n normale gloeilamp gevorm is. Lite is van volhoubare hout van plantasies gemaak en gebruik ’n energiebesparende gloeilamp. Die keuse van materiaal en gebrek aan addisionele kleurstowwe maak Lite ’n volhoubare en omgewingsvriendelike opsie. Lite is ook uiters funksioneel en kan in groepe ligte of op sy eie gebruik word. Nog ’n produk van Animal Farm is die Weaver’s Nest. Dit lyk soos ’n werklike voëlnes wat in die natuur aangetref word in plaas daarvan om soos ’n mensgemaakte voorwerp te lyk. Die idee om ’n ontwerp op iets in die natuur te baseer, staan bekend as *Biomimiek. Die Animal Farm-nes wat gesamentlik ontwerp is, is ’n massiewe geweefde struktuur om ’n staalraam wat ten minste twee volwassenes en ’n kind kan huisves, afhangend van die grootte van die model. Die nes is gemaak van indringerplantspesies soos die populier en Port Jackson-bome, wat ’n aantal omgewingsinisiatiewe ondersteun wat probeer om eksotiese plante te vewyder. Jy kry met ’n touleer toegang tot die Weaver’s Nest deur die onderkant van die struktuur, wat ongeveer 3 m bokant die grond hang. Sowel die Weaver’s Nest en Lite kyk na die werklike behoefte aan omgewingsoorwegings wanneer daar ontwerp word en het al in talle tydskrifte en op uitstallings verskyn. Animal Farm se Lite wat saam met Doug Banfield ontwerp is, is ’n interessante spel met die tradisionele gloeilamp.
* 420 /////
Biomimiek Die ontleding en ondersoek van natuurlike patrone, stelsels en ontwerpe wat nagemaak, of gemimeer, kan word om te help om die mens se ontwerpprobleme op te los. Biomimiek is besig om ’n baie gewilde ontwerpteorie te word, aangesien dit ontwerpoplossings bevorder wat in harmonie met die natuur is asook meer volhoubare resultate tot gevolg hê. Gaan kyk na www.biomimicry.net om meer te leer.