Speel met ’n paar idees om papierkarakters of -voorwerpe te maak wat op hulle eie kan staan. Hieronder is ’n paar illustrasies wat van die metodes wys wat deur papierteaterbouers gebruik word:
Dit is ’n ou, doeltreffende en maklike metode. Dit behels ’n effense buiging op die stippellyn voordat jy dit na binne vou. Die deel wat van die figuur af weggevou is, word die voetstuk. Afhangend van die sterkte van die materiaal wat jy vou, moet jy dalk die vou of die hele figuur versterk om te verseker dat dit stewig staan en nie rondval nie.
Voor en agterkant van die karakter
Nog ’n tegniek is om ’n basis en ’n voetstuk te skep. Vou die voetstuk in die helfte sodat dit ’n driehoek vorm. Maak ’n gleuf in die basis (die area waaraan die pop geheg gaan word). As jy die basis en die voetstuk aanmekaarvoeg (sien illustrasie hierbo) sal jou karakter kan staan!
Hoe om die staander aanmekaar te sit
Met die papierteater nou voltooi, kan jy ’n teks skryf wat as inleiding vir jou toneel kan dien en die tydperk van jou diorama voorstel. Jy kan dan die teks opvolg met ’n dialoog vir hierdie spesifieke toneel as jy wil. Jou karakters staan gereed in die syvleuels!
Kom ons speel toneel! ’n Voorbeeld van verskillende papierkarakters