Greenpeace het ’n wêreldwye reputasie vir omgewingsaktivisme. Een van hulle veldtogte is om die Verenigde Nasies so ver te kry om 40% van die planeet se oseane in mariene reservate te omskep om die seelewe vir toekomstige geslagte en vir volhoubare bevissing te bewaar.
Om mense aan te moedig om die aanlynpetisie te teken, het Ogilvy ’n reeks plakkate geskep wat prente vertoon van verskillende seediere – anemone, stervisse, sponse – wat uit potlode geskep is. In die letterlike sin verteenwoordig elke potlood die verskil wat een handtekening aan die bewaring van verskillende vorms van seelewe kan maak.
Jennifer Maestre het haar obsessie met potlode in wonderlike potloodstrukture omskep. Haar werk is oorspronklik geïnspireer deur die vorm en funksie van die seekastaiing. Potlode is alledaagse voorwerpe en hierdie naamlose voorwerp word hier die struktuur.
Hierdie veldtog vir Greenpeace “Save our seas” het uiteindelik vir die agentskap Ogilvy ’n Craft Gold toekenning by die Loerie Awards in 2008 losgeslaan. www.theloerieawards.co.za