’n Dell Koranda-tafellamp uit 1940. ’n Stuart Devlin-koffiestel uit 1959.
Stapelstoele van metaal en laaghout in die 1940s deur James Leonard ontwerp.
?
HETJYGEWEETStapelstoele is iets wat ons vandag as algemeen beskou, maar dit was eens op ’n tyd ’n nuwigheid. Dit was ’n briljante voorbeeld van ’n produk wat nie slegs funksie het nie, maar ook die beskikbare ruimte en stoormoontlikhede in ag neem en definitief die ontwikkeling van stapelstoele beïnvloed het. Jy ontwerp dus nie ’n stoel slegs om ’n stoel te ontwerp nie. ’n Groot ontwerper sal meer as die oorspronklike funksie van die produk in ag neem en ook kyk na ’n verskeidenheid omgewings waar hierdie stoel moet diens doen en dit meer gebruikersvriendelik maak. Die Skandinawiërs het nog ’n stappie verder gegaan en pragtige slanke vorms geskep wat nie slegs in verskillende kleure beskikbaar was nie, maar ook lig in gewig was. Jy kan hulle sien wanneer jy in die volgende hoofstuk aan Skandinawiese ontwerp bekend gestel word.
’n Hangertjie wat van sterlingsilwer en maansteen gemaak is, deur Sam Kramer ontwerp.
Die vorm van die Buick 8 Super, in 1951 ontwerp as ’n wonderlike voorbeeld wat die traandruppelvorm vertoon.