Observatoriese tekeningsvaardighede: vaardighede wat geleer word tydens die observasie van ’n objek, figuur of plek tydens die aktiwiteit of die maak van ’n skets Omgewingsbewaring (ekologie): die bewaring van ’n ekologiese balans deur die uitputting van natuurlike hulpbronne te vermy Omgewingsontwerp: verwys na al die ontwerpsektore wat verantwoordelik is vir die onstaan van die omgewing waarin ons leef, byvoorbeeld argitektuur, binnehuisversierders en ontwerpers, teater en dekorontwerpers, funksie- ontwerpers, stedelike en landskapontwerpers ens. Omgewingsverantwoordelik: ’n ontwerp wat altyd die impak op die omgewing in ag neem wanneer daar besluite gemaak word oor die gebruik van materiale, afvalprodukte of die ontwerp van ’n produk wat spesifiek sal bydra tot ’n beter omgewing vir almal Ondeursigtig: Opague soliede kleur waardeur iemand nie kan sien nie; blok alle lig Ontwerp: ’n Gedetaileerde plan van ’n struktuur deur op die voorkoms te fokus; die gemak en effektiewe funksionaliteit van die finale ontwerp; om iets op ’n bekwame manier te doen; om iets te ontwerp vir ’n praktiese doel; ’n skets of grafiese voorstelling met die doel om die funksie of hoe om dit aan mekaar te sit, voor te stel Ontwerpbeginsels: balans, kontras, eenheid, ritme/beweging, proporsie, fokus/klem/dominansie, komposisie/ uitleg Ontwerpelemente: lyn, tekstuur, kleur, vorm, toonwaardes Ontwerpproses: verskillende stadiums van die ontwerp vanaf konsep tot prototipe; sluit stadiums soos navorsing, spesifikasies, proefneming, konsepidees, prototipes, evaluasie en oordenking in Ontwerpwerkboek: jou eie ‘dagboek’ met bronne wat jy kan gebruik om jou ontwerp te dokumenteer deur middel van proseswerk, konsepte, sketse, idees, ens.; ’n boek om al jou ontwerpontwikkeling en idees aan te teken Ontwikkelingsbekwaamheid: die ontwikkeling van ’n persoon op verskeie vlakke van bevoegdheid Onvoorstelbaar: objekte, vorms of fatsoene wat nie as objek of as inhoud herkenbaar is nie Oogvlak: sien ook horisontale lyn Oorkruisende-/oorvleulende lyne: tekentegniek waar ’n verskeidenheid lyne oormekaar vloei; opbou van toonwaardes; tegniek wat gebruik word om vorm en volume uit te beeld Oorvleueling: om ’n laag bo-oor ’n ander laag te plaas Opdrag/projekvoorskrifte: geskrewe of verbale instruksies wat die projek spesifiseer Oppervlakontwerp: behandeling, transformasie of versiering van meestal 2D-oppervlaktes; 3D-oppervlaktes kan ook getransformeer of versier word, byvoorbeeld om die oppervlak van ’n tafelblad met mosaïek te versier; sluit al die ontwerpsektore in wat verskillende oppervlaktes behandel, transformeer en dekoratiewe eienskappe by die oppervlak voeg, soos byvoorbeeld tekstielontwerp, appliek, borduursel, mosaïek, graffiti, ens. Optiese kleurvermenging: wanneer twee kontrasterende kleure langs mekaar gejukstaponeer word, skep dit die visuele persepsie of illusie dat die kleure met mekaar vermeng het Organiese vorms: vorms wat in die natuur voorkom, gewoonlik ‘sagter’ vorms as geometriese vorms; vry van vorm en nie beperk tot meetkundige presisie nie; besit ’n meer natuurlike vloei van lyn en vorm Ornament: dekoratiewe 3D-voorwerp; hoofdoel is om as versiering te dien Ornamenteel: die kuns om dekoratiewe details of ontwerpe aan geboue, meubels of materiaal aan te bring Ornamenteer: dekoratiewe voorwerpe of ontwerpe wat as ekstra detail by ander voorwerpe gevoeg word
P
Pan-Afrika: sambreelterm vir alle kulture van Afrika Papierwerk: alle produkte wat uit papier vervaardig is Patent: ’n ontwerper neem ’n patent uit om sy regte of sy/haar ontwerp (of uitvindsel) te beskerm teen nabootsing en vervaardiging deur andere Patroon: dekoratiewe ontwerp of motief wat op ’n gereelde basis in ’n komposisie herhaal word Persepsievaardighede: die graad van vaardigheid om dinge om jou waar te neem; jou graad van bewustheid Perspektiewe tekeninge: ’n tekening (lyn of gedetailleerde tekening) van die 3D- eienskappe van ’n voorwerp, gebou of spasie uitgebeeld op ’n 2D-oppervlak; oor die algemeen deur argitekte, ingenieurs en binnehuiseversierders gebruik Piktogram: ’n simbool wat ’n idee, konsep, objek, aktiwiteit, plek of gebeurtenis voorstel