In die laat 1940s en 1950s was die invloed van die Surrealistiese beweging sigbaar in die biomorfiese fatsoene van meubels wat in 1948 deur Charles Eames en in 1952 deur Carlo Mollino ontwerp is. Kan jy die betekenis van “biomorfies” onthou? Dit is die samesmelting van abstrakte fatsoene met fatsoene wat in die natuur aangetref word.
Jy kan ook Module 1 in jou Graad 10-boek raadpleeg, net voor die afdeling oor Biomimiek, waar ons na biomorfies verwys het, asook na Module 2 van hierdie boek, waar Rene Lalique se naaldekokerborsspeld bespreek is.
Natuurlike fatsoene is gestrek en vervorm om ’n effek te kry wat bekend, maar tog dromerig of vreemd voorgekom het – ’n paar van die eienskappe van die Surrealistiese beweging.
Tekstiele is deur ’n verskeidenheid dinge beïnvloed, soos die eietydse bewegings van die Abstrakte Ekspressionisme, Surrealisme, molekules en die ruimte.
Skandinawiese en Japanse invloede kan duidelik in houtmeubels gesien word. Skandinawiërs het reeds so vroeg as 1923 die Amerikaanse ontwerp beïnvloed. Die Finse argitek en ontwerper, Eliel Saarinen, die vader van Eero Saarinen, het in die vroeë 1920s na Amerika verhuis en die meubelontwerpe van Charles Eames beïnvloed.
?
HETJYGEWEET Charles Eames en Ray Eames was Amerikaanse ontwerpers wat in verskeie ontwerpgebiede gewerk het en ’n groot bydrae tot moderne argitektuur en meubels gelewer het. Hulle het ook op die gebied van industriële, tekstiel- en grafiese ontwerp, skone kunste en film gewerk. Alhoewel hulle in Amerika gebore is, was hulle afstammelinge van Skandinawiërs wat vroeër die eeu na Amerika verhuis het. Hulle werk en die werk van Eero Saarinen het die organiese en skoon fatsoene getoon wat met Skandinawiese ontwerp geassosieer word.
Die sagte moderne benadering van Skandinawiese ontwerpers soos Bruno Mathsson en Alvar Aalto het wêreldwyd ’n groot invloed op die ontwikkeling van meubelontwerp gehad. Jy word in die volgende hoofstuk aan Skandinawiese ontwerp bekendgestel. Skandinawiese ontwerpe is geïnspireer deur natuurlike fatsoene en materiale, en goeie vakmanskap wat aanloklik was vir die na-oorlogse kliënte wat van hulle gemak gehou het. (Sien die Mier- en Eierstoelontwerpe deur Arne Jacobson in die afdeling oor Skandinawiese ontwerp bl.314)
Miro se “Harlekynkarnaval” toon amoeba-tipe ontwerpe wat talle moderne ontwerpe tot gevolg gehad het.