Die hiërogliefstelsel was baie moeilik om te bemeester, en dit het lank geneem om dit te kon neerskryf. Die hiëratiese skrif (afgelei van die Grieks vir “priesterlik”) het ongeveer 1500 v.C. as vereenvoudigde weergawe van hiërogliewe ontwikkel om die gebruik van die stelsel makliker te maak.
Antieke Chinese beskawing
Die Rosettasteen was die sleutel in die ontsyfering van antieke hiërogliewe. Hierdie steen, wat in 1799 ontdek is, bevat gedeeltes van hiëroglief-, Egiptiese, demotiese en Griekse skrif. Jean-Francois Champollion het die Griekse en demotiese gedeeltes gebruik om die hiërogliewe op die steen te ontsyfer.
In die Ooste het ’n ander beskawing die behoefte ontwikkel om te kommunikeer en idees op te teken. Die antieke Chinese kultuur was heelwat anders as die beskawing wat in Egipte en Mesopotamië ontwikkel het. Ons gebruik egter dieselfde term wat in die Egiptiese geskiedenis gebruik is om tussen tydperke in die geskiedenis te onderskei, naamlik dinastieë. Chinese dinastieë weerspieël die regering van individue of stelle gebeure wat ’n spesifieke tydperk definieer. Die belangrikste antieke dinastieë was die Shang- dinastie en die Han-dinastie (c. 1766 – 1050 v.C.). Alhoewel die presiese oorsprong van Chinese skryfmetodes nie werklik bekend is nie, weet ons dat dit vanaf tekeninge in ’n piktografiese skrifstelsel ontwikkel het. Daar word gereken dat die Chinese skrifstelsel ten minste 4 000 jaar oud is en dat die stelsel in daardie tyd van ’n piktografiese stelsel ontwikkel het (met elemente van *fonetiek waar die vorm van die rebusbeginsels, waar die prent wat ’n boom voorstel soos ’n boom lyk) na ’n meer gesofistikeerde, logografiese skrifstelsel, wat beteken dat ’n reeks simbole woorde vorm. Daar word beweer dat ’n Chinese man genaamd Ts-ang Chieh in c. 1800 v.C. die kuns van kalligrafie die eerste keer beoefen het. Dit is vanaf hierdie vroeë karakters dat ’n hele skrifstelsel ontwikkel het.
* 24 /////
Fonetiek: ’n Stelsel wat gegrond is op hoe dinge, soos woorde, klink. Rebusbeginsel: Baie woorde of dele van woorde wat dieselfde klink, word met dieselfde prent of teken voorgestel. As jy dus ’n prent van die see en ’n koei het, kan dit ‘see’ en ‘koei’ beteken of saam gelees word om ‘seekoei’ te vorm.