Kleure was gedemp of dof. Goudkleur, groen, beige, swart, silwer en ’n bietjie maroen is gebruik. Blou was lig met ’n groen skynsel. Pienk was ook gedemp en amper ’n salmkleur.
AKTIWITEIT 3 Doen die volgende in jou werkboek: Maak asseblief jou eie Art Nouveau-kleurpalet.
Jy kan jou eie kleurblokke versamel deur kleure uit tydskrifte te knip of ’n hardeware- of verfwinkel te besoek en jou eie kleurblokke te versamel. Om jou eie kleurpalet te hê, sal ’n groot voordeel inhou wanneer jy toekomstige projekte doen wat deur hierdie beweging geïnspireer is.
Hulle het plat kleuroppervlaktes gebruik en sterk gedefinieerde buitelyne was baie gewild.
Bak uit Oostenryk deur ’n onbekende ontwerper
Alphonse Mucha se “Art Nouveau styl boek”
Meubelstof, deur Christopher Dresser Alphonse Mucha – “Biscuits-Lefevre”