Zoe Bradley kom uit die VK en sy is bekend vir haar unieke en helder papierbeelde wat vakmanskap met dramatiese silhoeëtte kombineer. Sy het in 1997 by Middlesex Universiteit gegradueer en toe saam met Alexander McQueen gaan werk. Haar werk word ten beste beskryf as “mode ontmoet teater”. Sy skep hoogs vernuftige, modegebaseerde vertoonstukke vir reklameveldtogte, fotosessies en loopplankvertonings en vensterinstallerings. Haar werke is in die wêreld se beroemdste en toonaangewendste winkels vertoon – van Louis Vuitton, Tiffany & Co., Donna Karan, Christian Louboutin tot Harvey Nichols. As vensteruitstallings kuns was, dan is Zoe Bradley die Michelangelo van die vensterversieringsbedryf ! Ons is seker jy kan sien waarom.
Maak seker dat jy die res van haar portefeulje op www.zoebradley.com raadpleeg