AFDELING1 Kom ons skep ’n *fotomontage vir die plakkaat ?
HETJYGEWEETDie term fotomontage verwys na ’n 20ste-eeuse tegniek om ’n prent te skep deur stukkies van foto’s of fotokopieë saam te voeg. Die tegniek is soortgelyk aan ’n collage of knip-en-plak-tegniek. Die eerste fotomontages is geskep deur van die bekendste Europese kunstenaars van die 20ste eeu. Die kubistiese skilders soos Picasso en Braque het die tegniek gebruik in ’n poging om ’n paar leidrade in hulle té abstrakte en gefragmenteerde werke in te bring. Dit was ook die Dada-kunstenaars soos Raoul Hausmann en Hanna Höch wat fotomontages geskep het as ’n opstandige poging om teen konvensionele tegnieke en medium te protesteer. Hulle fotomontages toon ’n surrealistiese of fantasiewêreld, dikwels vol bisarre elemente. Kunstenaars soos dié wat hierbo genoem is, het die wyse verander waarop mense na kuns kyk en daaroor nadink. As gevolg van hulle pogings het hulle die pad vorentoe aangedui en ’n erfenis nagelaat vir alle nuwe kunstenaars en/of ontwerpers om uit te leer en die grense te verskuif en baie wyer te dink!