OPSIE TWEE: FUNKSIONELE PRODUK Van rommel tot roem
Dit is natuurlik duidelik dat woorde soos hergebruik, herwin en herskep deel van die 21ste eeu is. As enige ontwerper wil hê dat hulle ontwerpe aandag moet ontvang, moet hulle begin om meer volhoubare reëls en regulasies na te volg! Om egter vir Kermit die padda aan te haal:
“Dis nie altyd maklik om groen te wees nie!” OPDRAG
Skep ’n funksionele voorwerp deur afvalmateriaal op ’n herskepte manier te hergebruik sodat die eindproduk ’n hoër waarde het of van ’n beter gehalte is.
Onthou: Herskepping verwys na die proses om afvalmateriaal of nuttelose produkte in nuwe materiaal of produkte van ’n beter gehalte of hoër omgewings- en ekonomiese waarde te omskep.
STAP1 Doen altyd navorsing. Bou ’n visuele biblioteek van afvalmateriaal wat in funksionele voorwerpe herskep is, of gebruik hierdie voorbeelde as verwysings vir jou eie werk.
STAP2 Skep ’n paar miniatuursketse wat die voor-/sy-/agteraansigte van die voorwerp toon. Onthou dat as jy dit goed doen, dit jou baie sal help wanneer jy jou produk begin bou. ’n Aantal ontwerpers neem ook moontlike komplikasies waar as gevolg van aanvanklike tekeninge wat hulle gemaak het en kan die probleem voordat dit voorkom, oplos.
STAP3 Skep ’n meer gedetailleerde of tonale tekening in die werklike kleur van jou finale ontwerp.
STAP4 Soek materiale en begin eksperimenteer met daardie materiale. Skryf jou bevindings neer. Toon jou eksperimenteringsproses van hierdie materiale op ’n A4- of A3-bladsy in jou werkboek.
STAP5 Wanneer jy tevrede is met die manipulering van die materiale wat jy wil gebruik, kan jy begin om jou herskepte funksionele voorwerp te maak.