1960s – eerste digitale lettertipe genaamd DigiGrotesk
Die ontwikkeling van die drukpers en beweegbare letters deur die eeue, saam met die skepping van honderde lettertipe, het die oorspronklike en hoogs dekoratiewe lettertipe van die Victoriaanse era gevestig. Die tegnologie het ’n groot rol in hierdie ontwikkeling gespeel, want hoe vinniger en beter ’n mens kon druk, hoe groter het die vraag na drukwerk geword. Gedurende die 1960s het die tegnologie weer getoon hoe ons lettertipe ontwerp en gebruik, maar hierdie keer was die verandering revolusionêr. Rudolf Hell het in 1965 ’n manier ontwikkel waarop letters op ’n rekenaarskerm gebruik kon word (hulle het dit CRT, of cathode ray tube [katodestraalbuis] genoem) Hierdie ontwikkeling het in 1968 gelei tot die ontwerp deur Hell Design Studios van die eerste digitale lettertipe, genaamd DigiGrotesk. Dit is nie moontlik om te sê of die eerste digitale letterontwerpers besef het hoe rekenaars die gebruik en ontwerp van tipografie sou verander nie.
Dit is Digi Grotesk LT Bold. Hierdie lettertipe is skoon, leesbaar en word dikwels vir digitale beelde gebruik.
Digi Grotesk LT Bold Condensed
1980s – 1990s: ondersoek digitale ontwerp en die verandering van tipografie as integrale deel van konseptuele ontwerp wat veroorsaak dat letters ’n geïntegreerde ontwerpelement word
Een ontwerper wat deur digitale moontlikhede geïnspireer is, was April Greiman. Greiman het vanaf die 1980s digitale beelde en tipografie op ’n nuwe en dikwels skokkende manier gebruik om die moontlikhede van digitale ontwerp te ondersoek. Haar plakkaat- en tydskrifontwerpe daag ons denke uit oor wat goeie tipografie moet wees. In plakkate soos Snow White and the Seven Pixels (sien bladsy 40) gebruik sy ’n digitale lettertipe wat nie heeltemal leesbaar is nie en meng dit met beelde en kleuroppervlakke. Die beweging na die gebruik van lettertipe wat ’n konseptuele deel van ontwerp geword het, het vanaf die 1980s en 1990s meer na vore gekom. Ontwerpers het lettertipe en letterwerk as sleutelelement van ontwerp gebruik en nie slegs as metode om die boodskap oor te dra nie. Dit was eerder die manier waarop lettertipes en lettervorms gebruik is, wat die boodskap geword het – die tipografie is as deel van die geïntegreerde ontwerpelement gebruik, nie slegs as ’n stuk teks wat bygevoeg is nie. Ontwerpers soos Neville Brody en David Carson se werk verteenwoordig hierdie beweging in ontwerp. (sien bladsy 41)