• Vincent van Gogh vir sy nie- beskrywende en emosionele kleur, sy metode van werk en die belangrikheid van gevoel tydens die kreatiewe proses.
• Paul Gauguin vir die oortuiging dat sekere sensasies en gevoelens deur kleur oorgedra kan word. Die Fauviste is beïnvloed deur die idee dat die kunstenaar sy skilderwerk, onafhanklik van natuurlike voorkoms, kan gebruik om emosie uit te druk. Gauguin was die inspirasie vir hulle groot, plat kleure, swaar buitelyne (cloisonisme) en die “primitiewe” gevoelens van vorms.
• Georges Seurat se divisionalisme waardeur suiwer kleure aangewend is in klein kwashale of kolle opties gemeng is deur die kyker se oog, was aan die begin ’n invloed op die gebroke kwashale van die Fauviste. Hulle het later rebelleer teen die gebruik van gebroke areas van kleur.
• Henri Rousseau vir sy naïewe kuns en helder kleure.
• Nie-Westerse kulture vanaf Afrika en Polinesië het die Fauviste beïnvloed met hulle nie- verteenwoordigende en dekoratiewe kwaliteite. Helderkleurige tekstiele kom in Morokko in Noord-Afrika voor, en dit het veral vir Matisse beïndruk. Die kleure en die vorms van hierdie soort kuns het aan jong Franse kunstenaars getoon dat daar ander maniere was om kuns te skep as dié van die Westerse tradisie waarmee hulle bekend was.
• Sintetiese kleure is deur nuwe tegnologie ontwikkel en het die Fauviste gehelp om hulle ongewone helder kleure te bereik.
WOORDELYS
NAÏEWE KUNS is ’n term wat gebruik word vir kunstenaars wat geen formele opleiding het nie, bv. Henri Rousseau. Hulle werk bestaan gewoonlik uit helder kleure en alhoewel hulle benadering naturalisties is met baie aandag aan detail, het hulle min aandag aan perspektief spandeer.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
FANG MASK, GABOEN (LAAT 19 EEU). HIERDIE SPESIFIEKE MASKER WAS IN DIE VERSAMELING VAN BEIDE DERAIN EN VLAMINCK.