Onderwerp • Gauguin het geglo dat die kunstenaar sy geheue moes gebruik om skeppende werke te maak.
• Hy het dikwels godsdienstige en spirituele temas gebruik.
• Die uitbeelding van die mens was belangrik in sy werk. Sy latere werke is gevul met geïdealiseerde figure van die Suidsee-eilande.
Ruimte/diepte • Gauguin het plat ruimte gebruik wat geskep is deur verskillende horisontale kleurstroke.
• Hy het plat, versierde ruimte gebruik waar die agtergrond net so helder soos die voorgrond is.
• Gauguin het ’n skildery beskou as ’n plat oppervlak wat met kleur gevul is sonder om ’n naturalistiese uitbeelding te probeer skep nie.
Kleur • Gauguin het geglo dat kleur simbolies en verbeeldingryk is. Geen modellering is gebruik nie.
• Hy het gebruik gemaak van plat, dekoratiewe vorms in helder kleure.
• Sy agtergronde was net so helder soos sy voorgronde.
• Hy het cloisonisme gebruik, waar helder kleurareas geskei is deur donker kontoerlyne, soortgelyk aan gebrandskilderde vensters.
Kwaswerk • Gauguin het modellering in sy plat areas met donker kontoerlyne vermy.
• Hy het breë parallelle kwashale gebruik vir sy dekoratiewe en vereenvoudigde aanwending.
Komposisie • Gauguin het dieselfde waarde geheg aan positiewe en negatiewe vorms.
• Hy het dikwels sy komposisie verdeel deur die gebruik van ritmiese, dekoratiewe lyne om sterk tweedimensionele vorms te skep.
• Hy het nie die natuur nageboots nie, maar het sy verbeelding as bron gebruik.
• Monumentale, vereenvoudigde figure is geskep.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11 BY THE SEA, 1892. OLIE OP DOEK.
Benadering tot sy werk • Gauguin het na sy styl as Sintetisme verwys. Dit is ’n soort simboliek waar die kunstenaar sy ver- beelding gebruik. Die kunstenaar moet vanuit sy verbeelding werk, omdat die geheue slegs onthou wat betekenisvol of simbolies is. Die fi- nale werk is dus ’n sintese van die oorspronk- like idee. “Ek moet my oë toemaak sodat ek kan sien” het Gauguin gesê. Die skildery is gevolg- lik ’n vereenvoudiging van die werklikheid, wat verteenwoordig word deur plat kleurareas, geen skaduwees nie, cloisonisme en die vryheid om vorms te interpreteer en om hulle te ver- eenvoudig. Gauguin het sy subjektiewe wêreld ondersoek.
• Hy was sterk gekant teen naturalisme. • Gauguin se werke was geheimsinnig en eksoties. • Gauguin het ’n direkte invloed op Fauvisme gehad.