In 1886 het Van Gogh Parys toe gegaan om saam met sy broer, Theo, ’n kunshandelaar, te gaan woon. Die Impressioniste en Japannese afdrukke het hom beïnvloed. Hy het begin om ligter kleure te gebruik en sy kwashale het vryer geword, bv. in sy werk, Père Tanguy. Nadat hy 200 skilderye in twee jaar geskilder het, was hy nie meer gelukkig in Parys nie en in 1888 het hy na Arles in die suide van Frankryk toe vertrek, op soek na die son. Tydens die eerste deel van sy verblyf daar was hy baie gelukkig. Hy was so entoesiasties oor die warmte en helder kleure dat sy doeke ryk en gloeiend geword het. Sy interpretasies van die platteland was intens persoonlik. Van Gogh was vervul met die begeerte om ’n kunstenaarskolonie in Arles te begin. Om hierdie rede het hy Gauguin genooi om by hom te kom bly in die “Geel Huis”. Gauguin het in Oktober 1888 daar opgedaag. Die kunstenaars se temperamente was egter teenstrydig en binne twee maande het Van Gogh ’n senuwee-ineenstorting gehad en het hy probeer om Gauguin om die lewe te bring.
PÈRE TANGUY, 1887. OLIE OP DOEK
SELF-PORTRAIT 1889, 1889. OLIE OP DOEK
Op 23 Desember 1888 het ’n gefrustreerde en siek Van Gogh vir Gauguin met ’n skeermeslem gekonfronteer, maar hy het paniekerig geraak, uit die huis uit gevlug en is na ’n bordeel toe. Terwyl hy daar was, het hy sy linkeroor afgesny, alhoewel daar dikwels bespiegel word dat dit “slegs” die onderste deel van sy linkerste oor-lel was. Hy het die afgesnyde oor in koerantpapier toegedraai en dit vir ’n prostituut, Rachel, gegee en haar gevra om “die voorwerp veilig te hou”. Hy het huis toe gestrompel en Gauguin het op hom afgekom. Van Gogh was bewusteloos en sy kop was vol bloed. Hy is na ’n hospitaal toe geneem en het vir verskeie dae in ’n kritieke toestand gebly. Van Gogh het herstel nadat Gauguin weg is, maar hy het aan gewelddadige insinkings gelei. Hy is in Mei 1889 na die St. Remy Instituut gestuur. Voorbeelde van die Arles-periode sluit Te Night Café en His Bedroom in.
By St. Remy het Van Gogh aanhou skilder. Sy skilderoppervlakke was bedek met draaiende patrone en kurwes. Elke kwashaal het sy innerlike konflikte uitgebeeld, bv. Starry Night en Self-Portrait 1889 (bo).
Van Gogh het net een skildery in sy lewe verkoop, Red Vines, in Maart 1890, omdat ’n positiewe artikel oor sy werk in ’n koerant verskyn het. In die laaste twee-en-’n-half maande van sy lewe het hy in Auvers naby Parys gewoon, waar dr Gatchet na hom omgesien het. In wanhoop oor sy eie toenemende swak gesondheid en bekommerd oor sy voortdurende finansiële afhanklikheid van sy broer Theo, het Van Gogh in 1890 selfmoord gepleeg.