TRANSGENIES beskryf die tegniek om genetiese materiaal van een organisme oor te dra na die DNS van ’n ander organisme.
WIE WAS PAIK?
Nam June Paik (20 Julie 1932 – 29 Januarie 2006) was ’n Amerikaanse kunstenaar wat in Korea gebore is en Korea verlaat het toe die Koreaanse Oorlog uitgebreek het. Nadat hy sy graad behaal het in filosofie, kunsgeskiedenis en musiekgeskiedenis aan die Universiteit van Tokio het hy Duitsland toe gegaan, waar hy ’n belangstelling in elektroniese musiek ontwikkel het. Hy het die komponis John Cage ontmoet, wat hom voorgestel het aan die idees van die Dadaïste en spesifiek Marcel Duchamp. Duchamp het hom aangemoedig om sy belangstelling in die kombinasie van kuns, musiek, tegnologie na te streef. Hy het hierdie media geïntegreer met Uitvoerende Kuns en Installasiekuns. In 1964 het hy New York toe getrek waar hy voortgegaan het met sy eksperimentele benadering. Sy opleiding in musiek en opvoering het sy benadering tot TV en video as artistieke aanwendings beïnvloed. Beide musiek en die opvoering daarvan is tydsgebaseer en hy was bewus daarvan en het gebruik gemaak van elemente soos improvisasie en risiko. Hy het ook vennootskappe gevorm met ontwerpers, ingenieurs, die laserdeskundige Norman Ballard en die klankkunstenaar Stephen Vitiello saam met ander in sy soeke na nuwer vorms.
Concerto for TV Cello and Video Tape is een van verskeie voorwerpe wat deur Paik ontwerp is om gebruik te word deur die avant-garde tjellis Charlotte Moorman. ’n Brug, stertstuk en die snare van ’n tjello is geheg aan drie televisiemonitors wat in helder bokse vertoon is om hulle binnegoed te wys. In hierdie werk het drie televisies beelde vertoon. Die een het ’n direkte beeld van die onmiddellike opvoering verskaf, ’n ander een ’n videocollage van ander tjelliste en die derde ’n onderskepte beeldsending. Moorman het die tweesnaartjello met ’n gewone boog bespeel wat elektroniese klanke vervaardig het en daardeur die televisie in ’n musiek instrument verander het. Die klanke was nie tradisionele tjelloklanke nie, maar soos Moorman dit beskryf het, “TV-tjellogeluide”.
In hierdie Uitvoerende Kunswerk het die vermenging van tegnologie en die menslike musikant ’n belangrike stelling gemaak. Paik het verklaar dat hy daarin geïnteresseerd was om tegnologie te gebruik wat die idee van tegnologie teengestaan het. Sy assosiasie met die Fluxus-groep wat Neo-Dada-werke geskep het, beklemtoon ook die benadering om alle grense te bevraagteken. Die gebruik van die jongste tegnologie in hierdie kombinasie van uitvoering, samestelling en video-kuns is ’n taktiek om die belangrikheid wat aan die moderne massakultuurikoon, die televisie, geheg word, te ondermyn. Die tjello is ook geassosieer met klassieke musiek, terwyl dit in hierdie werk
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
NAM JUNE PAIK IN SAMEWERKING MET CHARLOTTE MOORMAN, CONCERTO FOR TV CELLO AND VIDEO TAPE. 1971. OPVOERINGSTUK