Anargisme: ’n Politiese filosofie wat verskillende takke het, maar dit staan oor die algemeen gesag en hiërargiese organisasie binne menslike verhoudings teen. anargiste ondersteun die idee van staat- lose gemeenskappe gebaseer op nie-hiërargiese vrywillige assosiasies.
Anorganies: Mensgemaakte, masjien of massavervaardigde produkte / voorwerpe; gewone en sim- metriese vorms.
Anti-swaartekrag argitektuur: in Dekonstruktivisme gebruik met die gevoel van onvoorspelbaar- heid en beheerde chaos. geboue kom baie gefragmenteer voor en lyk asof hulle swaartekrag oorkom.
Antiek: Behoort aan ’n tyd wat lankal verby is.
Apartheid: Die beleid van die Nasionale Party wat tot mag gekom het in 1948 in suid-afrika. Die idee was om die verskillende rasse te verdeel. Hierdie beleid het tot ’n einde gekom met die eerste demokratiese verkiesings in 1994.
Argetipe: Die oorspronklike model of prototipe en die perfekte voorbeeld van iets. Argitektuur: Die kuns en wetenskap van die ontwerp en konstruksie van geboue.
Asimmetries: Balans wat bereik word wanneer ongelyke voorwerpe met dieselfde visuele gewig aan weerskante is.
Automatisme: Direkte skepping vanuit die onderbewussyn soos gesien in surrealisme bv. ‘krabbel’, outomaties tekening of ander metodes wat die kreatiewe proses begin.
Avant-garde: leier in iets nuut; kunstenaars wat nuwe benaderings, style of tegnieke skep. is ‘voor sy tyd’ en gereeld onanvaarbaar in sy tyd. B
Balans of gelyk verspreide rangskikking van elemente: Word bereik wanneer teenoorgestelde elemente harmonieus binne ’n komposisie verkeer; kwaliteit van stabiliteit en ewewig; word bereik wanneer posisie en fokus van noodsaaklike dele van ’n kunswerk beheer word; balans kan simetries / asimmetries / radiaal wees.
Bauhaus: 1919 – 1931, invloedryke Duitse kunsskool met die einddoel om beter lewensom- standighede vir almal te skep deur die eenheid van kuns, argitektuur en ontwerp. Die skool se ontwerpsbeginsels was gebaseer op geometrie en die masjien.
Figuratief: Figure en voorwerpe is herkenbaar, maar nie noodwendig lewensgetrou nie. alle natural- istiese kunswerke is figuratief, maar nie alle figuratiewe werke is naturalisties nie.
Beeldoppervlak: 2D-oppervlak; die plat oppervlak waarin die ware vorm of beeld bestaan; enige il- lusie van diepte / 3D-kwaliteit word geïdentifi seer as ‘verby die beeldoppervlak’.
Beginsels van ontwerp: Beginsels wat gebruik word om elemente van ontwerp te rangskik om ’n spesifieke uitkoms / komposisie te verseker soos deur die gebruik van balans, eenheid, proporsie of herhaling.