Universele taal: ’n Taal wat deur alle kulture verstaan kan word; visuele taal wat verteenwoordig deur simbole, ikone en tekens wat dieselfde betekenis het, ongeag die kultuur of land, soos ’n stopteken, lughaweteken, toilettekens, ens. Daar word dikwels na kuns as ’n universele kuns verwys.
V
Veelvoudige punt-perspektief: ’n spesiale liniêre illusiestelsel met meer as twee verdwyningspunte op die horison vir die verbinding van parallelle lyne; skep ruimtelike illusie.
Vel en been-argitektuur: staal en beton was die krag van die gebou (been), terwyl glas die skynende ‘vel’ was wat die ‘geraamte’ bedek het.
Verwringing: Wanneer die oorspronklike vorm van bv. ’n voorwerp of ’n idee verander word deur bv. oordrywing. Verduidelik: Verklaar en gee redes vir jou antwoord.
Verdwyningspunt: in perspektief-tekeninge, is dit die punt waar alle wykende lyne bymekaar kom / ontmoet. Vereenvoudig: Elimineer onnodige detail; vereenvoudigde vorm wat slegs basiese details toon. Vergelyk: Toon verskille en ooreenkomste in volgorde binne dieselfde argument. Vergroot: Om iets groter te maak. Verkies: Om meer van een ding as van ’n ander te hou. Verklaring: sê presies wat jy dink – verskaf jou opinie, sowel as ’n verduideliking. Gewapende beton: Beton wat versterk word deur metaaldrade of -stroke binne die beton te lê.
Video-kuns: Het begin met die bekendstelling van video as ’n goedkoop medium in die 1960’s. Dit het die geleentheid geskep vir die maklike opname en dokumentering van opvoerings. Video-installasies: Het verskeie vorms ondergaan en kan klank as deel van die werk insluit.
Virtueel: Wanneer iets fisiek nie bestaan nie, maar daar voorgegee word of dit bestaan deur die effek van iets anders – in hierdie geval die gebruik van lyn en kleur.
Visuele geletterdheid: Die vermoë om visuele beelde te ‘lees’ en te interpreteer; identifikasie, begrip van wat ons sien en om visuele verhoudings te verstaan, is belangrik. Visuele tekstuur: illusie van tekstuur op ’n 2D- of 3D-vorm.
Vlak: Die gedeelte van vorm wat beskryf kan word in 2D; meestal geïdentifiseer deur bv. die oppervlak van ’n vorm. Volume: spasie binne ’n voorwerp.