Die suiwerste vorm van Duitse Ekspressionisme AGTERGROND In 1905 het drie jong argitektuurstudente, Kirchner, Schmidt-Rottluff en Heckel, in Dresden die vereniging gevorm wat as Die Brücke bekend staan. Hulle het die naam “die brug” gekies om alle revolusionêre elemente, asook Parys en Dresden met mekaar te verbind. Hulle het ’n ou slaghuis gehuur waarin hulle saam gewerk het en hulle het verskeie publikasies oor hulle idees uitgegee. Hulle het dieselfde uitgangspunt oor die lewe gedeel, eerder as spesifieke doelwitte. Elke lid was vry om te werk volgens sy inisiatief. In 1911 het hulle na Berlyn toe getrek en het hulle hul groep op die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog ontbind.
Kunstenaars het Ernst Ludwig Kirchner, Karl Schmidt-Rottluff, Emil Nolde, Erich Heckel, Max Pechstein en Otto Mueller ingesluit.
Kenmerke van Die Brücke
Temas • Die Brücke het hulle sosiale omstandighede gekritiseer. Die inhoud (boodskap) van die werk was belangrik, eerder as die formele elemente.
• Hulle kuns was ’n baie persoonlike soort kuns wat sterk individuele gevoelens oorgedra het.
• Dit is ’n angsbelaaide soort kuns met
onderliggende tema, soos haat, jaloesie, liefde, ensovoorts.
Kleur • Aanvanklik het hulle sterk primêre en sekondêre kleure gebruik, maar hulle kleure het toenemend somber en donkerder geword.
• Hulle sterk kleurkontras het hulle konflikte in die lewe uitgebeeld. Fel en sterk kleure soos geel, rooi, groen en swart is op ’n onnatuurlike manier gebruik.
ERICH HECKLE, GLASSY DAY, 1913. OLIE OP DOEK VISUELE KUNSTE GRAAD 11