Die volgende vrae het betrekking op enige installasiekunswerk en is ’n riglyn oor hoe om ’n installasiewerk te ontleed. Gebruik Cornelia Parker se Cold, Dark Matter: An Exploded View om te oefen hoe om die vrae te beantwoord voor jy ’n kunsmuseum of ’n kunsgalery besoek waar jy die vrae kan gebruik om ’n plaaslike installasiewerk te inter- preteer.
• Watter materiale het die kunstenaar gebruik? • Kan jy sien waaruit dit gemaak is, en die prosesse wat betrokke was? • Wat het die kunstenaar met die materiale gemaak? • Uit hoeveel dele bestaan dit? • Hoe affekteer die materiale die betekenis of jou reaksie daarop? • Hoe is die installasie gerangskik? • Hoe gebruik die installasie die ruimte (lig, klank, argitektuur, menslike interaksie)? • Wat is jou verhouding met die installasie? • Hoe word ons verhouding tot die kunswerk geaffekteer deur die teenwoordigheid daarvan in ons ruimte?
• Hoe word dit uitstal? • Hoe laat dit ons voel oor hoe ons in die uitstalruimte beweeg ten opsigte van die intallasie?
4 Uitvoerende Kuns
• Uitvoerende Kuns is lewendige kunsaanbiedings deur kunstenaars en is ’n manier om die formele en konseptuele idees oor die maak van kuns lewendig te maak.
• Uitvoerende Kuns is verwant aan teater, maar dit is gewoonlik sonder ’n storie of dramatiese effek. Dit het nie reëls nie en is eksperimenteel.
• Die onderwerp wat in Uitvoerende Kuns aangespreek word, is verwant aan Konseptuele Kuns, wat belangrikheid aan die idee eerder as die skepping van ’n voorwerp geheg het. In Uitvoerende Kuns, word die idees uitgebeeld of uitgevoer. Die aard van die opvoering kan esoteries, sjamanisties, instruktief, uitlokkend of vermaaklik wees.
• Die Uitvoerende kunswerk kan deur die kunste- naar op sy eie aangebied word of in same- werking met ander uitvoerders. Die uitvoerder is gewoonlik die kunstenaar en nie ’n karakter soos in die teater nie.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
ROBERT MORRIS, SITE, 1965. MORRIS HET SAAM MET CAROL SHNEEMAN GEWERK. IN WIT AANGETREK EN MET ’N RUBBERMASKER OP WAT HY VAN SY EIE GESIG NAGEMAAK HET, HET HY DIE VOLUME VAN DIE SPASIE GEMANUPILEER DEUR DIE PLANKE IN VERSKILLENDE POSISIES TE SKUIF. TERWYL HY DIT GEDOEN HET, HET HY ’N KAAL VROU ONBLOOT WAT OP ’N SOFA GESIT HET OP DIESELFDE MANIER AS MANET SE OLYMPIA. HY HET DIE PLANKE GERANGSKIK TERWYL HY DIE FIGUUR GEÏGNOREER HET, EN HY IS VERGESEL VAN DIE GELUIDE VAN ’N SAAG EN ’N HAMER, WAT ’N VERHOUDING TUSSEN DIE VOLUMES VAN DIE STATIESE FIGUUR EN EN DIT WAT DEUR DIE BEWEEGBARE PLANKE GESKEP IS, GEÏMPLISEER HET.