Die Koue Oorlog het wêreldpolitiek tydens die 1950’s gedomineer. Hierdie tegnologiese en ideologiese stryd tussen die Ooste, gedomineer deur die Kommunistiese Sowjet-Unie, en die Weste, gedomineer deur kapitalistiese Amerika, het tot in 1991 voortgeduur toe die Sowjet-Unie inmekaargestort het. Die Amerikaanse regering se uitgawes aan beskerming het die helfte van die federale begroting beloop en het tot industriële groei en tegnologiese vordering gelei.
Outomatisasie, die ontwikkeling van selfregu- lerende masjiene, soos rekenaars, om die werk te doen wat voorheen deur mense verrig is, het die tempo van produktiwiteit versnel. Soos die ekonomieë van die Westerse wêreld begin herstel het na die oorlog, het die middel- klas – veral in Amerika – geweldig gegroei. Dit het gelei tot die begin van twee Amerikaanse kulturele simbole tipies van die 50’s: “Die Amerikaanse Droom” – wat ’n huis in die voorstede beteken het (die huis sou ’n werkende man, vrou, kinders en alle moderne geriewe denkbaar insluit), werksekuriteit – vir die man by ’n groot korporasie en ’n nuwe motor elke paar jaar.
Massamedia het tot deel van ’n golf van konser- watisme en eenvormigheid in die Amerikaanse samelewing bygedra, omdat dit vir almal toegan- klik was. Vanuit die vermaaklikheidsindu-strie het tekens van rebellie begin wys. Die musiek van mense soos Chuck Berry, Elvis Presley en The Beatles was slegs die begin van ’n beweging weg van eenvormigheid. Rolprentakteurs soos Mari- lyn Monroe en James Dean het nuwe ideale van anti-heroïsme en anti-gesaghebbendheid verteen- woordig. In letterkunde is die gees van rebellie verder gedryf deur lede van die Beat-generasie, Ginsberg en Kerouac, wat middel-klaskultuur en sosiale konservatisme verwerp het.
DIE MENSE VAN HIERDIE ERA STAAN OOK BEKEND AS DIE BABY BOOMERS WEENS DIE ONTPLOFFING VAN DIE BEVOLKINGSGROEI IN AMERIKA NA DIE OORLOG. HIERDIE TENDENS WAS DIE PRODUK VAN EN REDE VIR KONSERWATIEWE FAMILIEWAARDES WAT GEWILD GEMAAK IS DEUR DIE OPVOEDINGSTELSEL EN DIE MASSAMEDIA WAT DIE HUWELIK EN VROULIKE HUISHOUDELIKHEID AS DIE HOOFDOELWITTE VIR VROUE UITGEBEELD HET.
NA 1946 HET DIE MASSAPRODUKSIE VAN TELEVISIES TOEGENEEM EN TEEN 1953 HET TWEE DERDES VAN AMERIKAANSE HUISHOUDINGS ’N TELEVISIE GEHAD. HIERDIE GROEIENDE SAMELEWING MET MATERIALISTEISE IDEALE HET DIE VERVAARDIGING VAN VERBRUIKERSPRODUKTE VERDER AANGEMOEDIG. DIE INDUSTRIE HET DIE OBSESSIE OM VOORWERPE TE VERSAMEL, UITGEBUIT EN HET HULLE ADVERTENSIES EN PRODUKTE OP DIE JEUG GEMIK WAT ALLES UITPROBEER HET WAT AAN HULLE AANGEBIED IS.