Kahlo se werk was direk outobiografies en sluit ’n reeks intieme selfportrette in. Sy het haar aandag na binne gekeer en beeld persoonlike temas uit, alles oor haar eie gevoelens en goed van persoonlike belang. Tydens die egskeiding van een jaar van Rivera het sy ’n reeks selfportrette geskilder wat haar persoonlike rou op ’n Surrealistiese manier uitgebeeld het. Haar werke is uit- mergelende weerspieëlings van haar eie fisieke en gees- telike lyding. Daar is ook ’n wreedheid in haar skilderye – wat geboorte skenk, operasies en aborsies met ’n droomagtige kruheid uitbeeld.
WOORDELYS
FEMINISME is die teorie van die politieke, ekonomiese en sosiale gelykheid van die geslagte. Dit is ook die georganiseerde aktiwiteit ten gunste van vroueregte en – belangstellings.
Voorbeelde van Frida Kahlo
FRIDA KAHLO, DIEGO ON MY MIND, 1943. OLIE OP DOEK
SELF-PORTRAIT WITH THORN NECKLACE AND HUMMINGBIRD (1940) OLIE OP DOEK
Met die gewilde Mexikaanse gods- dienstige beeld wat die kop en skouers van ’n lydende Christus uitbeeld, as inspirasie, beeld Kahlo haarself uit terwyl sy ’n halssnoer van dorings dra, as ekwivalent vir Christus se Kroon van Dorings. Sy kombineer Christelike en voor-Christelike oortuigings in hierdie werk. Volgens die Asteke het die gees van dooie vegters teruggekeer in die vorm van kolibries (hummingbirds). Sy het ’n tipies gevlegte Mexikaanse haarstyl en ’n wit bloes aan. Sy is geskilder teen ’n agtergrond van yslike groen blare met ’n aap en ’n swart kat (’n simbool van slegte geluk) wat oor haar skouers gesien kan word. Haar selfportrette is baie klein realistiese uitbeeldings van haar gesig met haar onvleiende aaneenlopende wenkbroue en vroulike halfsnor. Sy is brutaal openlik en eerlik. Sy beeld haarself sonder skaamte of ydelikheid uit, en stel haar emosies ten toon vir almal om te sien.