KENDALL GEERS. TWILIGHT OF THE IDOLS (BUDDHA). 2002. INSTALLASIE, BEELDHOUWERK VAN BUDDHA TOEGEDRAAI IN CHEVRON-KLEEFBAND
BERNI SEARLE
Berni Searle is ’n kunstenaar van Kaapstad wat opgelei is en klas gegee het in beeldhouwerk.
Sy het
beeldhouwerke geskep uit beton, brons, harpuis en ander gemengde media. Haar wegbeweeg
vanaf
tradisionele beeldhouwerk is geïnspireer deur die tema van die 2de Johannesburgse Biënnale, Trade Routes: History and Geography. Een van die Biënnale uitstallings is in die Kasteel in Kaapstad gehou en is Life’s Little Necessities genoem. Searle het ’n installasie wat Com-fort genoem is as deel van die uitstalling geskep. Sy het ’n weergawe van die vorm van die Kasteel gemaak, ’n pentagon (vyfhoekige ster), op ’n ou kombuisvloer in die Kasteel deur ’n dik laag paprika daaroor te strooi. Voorwerpe wat met ’n huis geassosieer word, was ingebed in harpuisblokke en op die vyf punte van die pentagon geplaas. Hierdie installasie het verwysings gemaak na kolonisasie, die Kasteel as ’n simbool van mag, die speserye en slawe wat kommoditeite vir die Europeërs was wat hierdie halfwegstasie in die Kaap tot stand gebring het en die verbinding tussen Oos-Indië en Europa weens handeldryf.
KENDALL GEERS. RACK. INSTALLASIE. METAAL EN BIERBOTTELS.
KENDEEL GEERS. PRESENT TENSE.2003. INSTALLASIE MET DIGITALE KLOK IN THE HAGIA, SOPHIA, TURKYE
BERNI SEARLE. COM-FORT. 1997. INSTALLASIE IN KASTEEL AS DEEL VAN UITSTALLING LIFE’S LITTLE NECESSITIES, PAPRIKA EN ANDER VOORWERPE IN HARPUIS
Die slawe wat in die Kaap afgelaai is om in die Kompanjie se tuine te werk om vars kos te produseer vir die verbygaande skepe wat by die halfwegstasie aangedoen het, is ’n integrale deel van die hele Suid-Afrikaanse erfenis. Slawe wat hierheen gebring is deur wit koloniste het as gevolg van intelery met plaaslike inwoners en slawe van ander dele van Afrika tot ’n gemengde ras mense gelei, wat as kleurlinge geklassifiseer is. Searle het net begin om haar verbintenis met die koloniale geskiedenis van Suid-Afrika te ontrafel.