Still life with chair caning Die ontdekking van collage was belangrik tydens hierdie fase. In hierdie werk het Picasso ’n
stuk oliedoek waarop ’n
geweefde sitplek met rottang gedruk is, wat ’n volledige stoel verteenwoordig, aan die werk vasgegom. Daarop het hy ’n analitiese stillewe geskilder. Die werk is met regte tou omraam. Hierdie werk bied verskillende maniere aan om die werklikheid uit te beeld – ’n regte stuk tou, ’n stuk gedrukte rottangstoel wat werklik lyk, die stillewe kombineer verskillende uitgangspunte en die woord “JOU” verwys na ‘n joernaal (koerant). Die werk is
’n PABLO PICASSO, STILL LIFE WITH CHAIR CANING, 1912. COLLAGE. sintese of
kombinasie van verskillende elemente. Die prentvlak word minder ingewikkeld. Dit het ’n uiters vlak ruimte.
Opsomming van Kubisme: Kubisme het aandag gevestig op die teenstellings wat betrokke is by die uitbeelding van ’n driedimensionele toneel op ’n tweedimensionele oppervlak. Analitiese Kubisme het werklike voorwerpe afgebreek in verskillende dele. Sintetiese Kubisme het herkenbare dele opge- bou uit abstrakte dele deur klaargemaakte materiale soos koerant te gebruik. Kubisme het altyd aan die werklikheid verbind gebly en was nooit totaal abstrak nie.
3.4
Voltooi in jou VKS-werkboek. V
Verstaan jy Kubisme? Verdeel jou bladsy in drie kolomme en bespreek hoe die drie werke hieronder elke fase illustreer. Gebruik die volgende opskrifte: • Onderwerp • Kleur
• Vorm • Ruimte
• Tegniek Cézanne-fase
Analitiese fase Sintetiese fase
GEORGES BRAQUE, HOUSES AT L’ESTAQUE, 1908. OLIE OP DOEK
GEORGES BRAQUE, THE PORTUGUESE, 1911. OLIE OP DOEK
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
GEORGES BRAQUE, VIOLIN AND NEWSPAPER MUSICAL FORMS, 1912. HOUTSKOOL EN OLIE